Die Koffie Winkel
Die winter oggend is koud buite die groot glas vensters van die koffie winkel. Die vroeg oggend winter son hang nog laag in die ooste. Daar is nie ‘n teken van enige wolke in die lug nie, tipiese hoëveld winter. Ryp lê spierwit op die winkelsentrum dakke. Die straat buite is besig met die gewone verkeer, mense op pad werk toe na die kinders by die skool afgelaai is, werkers wat in en uit minibus taxi’s klim en hulle haas na die kantore of in die doolhof van die sentrum se diens ingange in. ‘n Normale miernes van aktiwiteit vir skuins na sewe op ‘n week oggend.
Die koffie winkel is knus en warm. Die reuk van sterk geperkoleerde koffie, cappuccino, espresso en vele ander kafeïen brousels hang in die lug. Daar is ook die reuke van kaas, ham en tamatie rooster broodjies, gebraaide spek en eiers wat die atmosfeer in die winkel opkikker. Die klante wat om die rof afgewerkte tafeltjies sit of op die reuse lui leer banke vertoef terwyl hulle luidkeels gesels bo-oor die opgeruimde musiek wat net effens te hard in die agtergrond speel, skep die illusie dat alles goed en reg is in die wêreld.
Eenkant by ‘n twee sitplek tafel in die hoek wat na die ooste oor die straat uitkyk, sit daar ‘n enkel figuur. Hy lyk soos enige van die menigte kantoor werkers wat by die koffie winkel aandoen vir ‘n vroeë besigheid ontbyt of ‘n haastige wegneem koffie op pad kantoor toe. Sy swart jas oor die stoel se rug lening gedrapeer. Sy lang donker hare in ‘n netjiese poniestert vas gemaak met ‘n dun bruin leer riem. Die kraag van sy indigo hemp steek uit oor ‘n dik staalgrys trui. Op die hout blad voor hom staan ‘n beker swart koffie en stoom. Sy kop beweeg ritmies na musiek wat net hy kan hoor. Sy linkerhand beweeg haastig oor en weer oor die bladsy in ‘n joernaal. Haastig en koorsig krap sy pen op die bladsy. Gedagtes vloei van sy brein na die papier in ‘n vloed van woorde, aangejaag deur die musiek vat pols in sy ore. Helaas is hou die musiek op speel en die woorde droog op. Hy kyk op. Hy kyk uit oor die straat, die trane sit vlak in sy oë. Sy siel voel rou, soos vel wat gebrand het. Hy skuif die pen en joernaal een kant toe, versigtig om nie die koffie om te stamp op die leer om slag nie.
Hy haal diep asem terwyl sy oë dwaal oor die stad landskap voor hom, sonder om regtig te sien. Hy vat ‘n lang teug van die beker. Die bitter, skroeiende swart vloeistof vloei oor sy tong. Die reuk van die koffie bring ‘n oomblik van stilte en besadigdheid tot sy gedagtes en sy rollende emosies.
“Verskoon my, jong man, sal jy omgee as ek by jou aansluit? Die ander tafels is reeds vol.” vra ‘n stem langs hom. Die jongman kyk vinnig op, die stem het hom verras, nog minder die ou man in ‘n netjiese sportbaadjie en swart langbroek. Die jongman haal vinnig die koordlose oorfone uit sy ore en bêre hulle in die klein swart kissie op die tafel, wat hy haastig in sy jas se binne sak versteek. “Ja, natuurlik. U is welkom.”
Die ou man hang sy sportbaadjie oor die stoel se rug leuning en skuif in op die stoel oorkant. Hy tel die spyskaart op en loer so half bo-oor die lense van sy raam-lose bril. Sy ligte groen oë glinster met ‘n jeugdigheid wat spreek van ‘n baie jonger gemoed as die liggaam waarin dit leef. “Wat sou jy aanbeveel om te drink?” vra hy terwyl hy verder deur die spyskaart blaai.
“Die verskeidenheid koffie is redelik goed. Die tee is nie so waffers nie. Tee sakkies in ‘n koppie.” Antwoord die jong man. Terwyl hy die joernaal toeslaan.
“Daardie is ‘n baie mooi boek.” Sê die ou man terwyl hy na die omslag van die joernaal kyk. Die brons skuif gespes blink en die leer getuig van baie gebruik. “Skryf jy ‘n roman, of nee wag, dalk ‘n speur verhaal? Vol bloed en aksie?”
“Dankie, Oom, maar nee, dit is sommer net ‘n dagboek. Plek om my gedagtes neer te skryf. My eie Pensieve”
“Ek sien,” knik die ou man “’n plek om oor die onreg van die lewe te besing, jou lot en dié van ander betreur?”
‘n Jong dame stap nader. Getooi in ‘n netjiese swart broek en swart bloes met ‘n kanarie geel voorskoot, tabletrekenaar in haar hand. “Kan ek solank vir meneer iets kry om te drink?” Vra die kelnerin.
“Asseblief, ja, jong dame. Mag ek ‘n cappuccino met room kry.”
“Natuurlik, nog iets vir jou?”
“Nee, dankie. Ek het nog,” Antwoord die jong man. Die kelnerin tik vinnig op die tablet en stap terug na die toonbank toe.
“By wyse van spreuke, ja. Dis my ontsnap, waar ek sand in die oog van die Groot Skilpad kan skop. Die Noodlot ‘n bloedneus te gee.” Die jongman grynslag, so oë bedroef. Hulle lyk skielik oud en afgeleef, vertel van ‘n leeftyd veel langer as die jeugdigheid van sy gesig
“Die Noodlot en die Groot Skilpad is nie sommer elke Jan-Rap en sy maat se speelmaats nie, jongman. Ek hoop jy besef dit?” Sê die ou man terwyl hy sy lense skoon vee met ‘n sagte wit lappie.
“Dit mag dalk so wees, maar wat maak dit saak? Ons is tog niks anders as slawe tot die Oppergesag nie. Pionne in die nimmereindigende skaak spel tussen Goed en Kwaad, Lewe en Dood, Kennis en Dwaasheid nie.” Antwoord die jong man, sy woorde skerp en vol bitterheid.
“Baie filosofies. Ek het nie daardie antwoord van iemand van jou generasie verwag nie.”
“Filosofie is vir die voëls, niks goed het ooit daarvan gekom nie. Die Grieke en Romeine het hulleself tot in die afgrond gefilosofeer. Tog het ons niks wyser geword as Cogito Ergo Sum nie. Ons kan nie verklaar hoekom die lewe is soos dit is nie. Waarom die slegte dinge met die onskuldiges moet gebeur nie.” Die jong man vat ‘n diep teug van sy beker.
“Dit is bietjie sinies, is dit nie?”
“Hoekom? Omdat ek nie glo dat daar regtig sin in die waansin is of ‘n patroon tot die malheid van alles nie?” Kap die jong man terug
“Met ander woorde, jy soek na ‘n antwoord na die lewe en alles daar in? Iets wat die rede vir alles wat was, wat is en wat kom, netjies vir jou in ‘n gebalanseerde, logiese formule uiteen sit?” Terg die ou man.
“Dit sou ideaal gewees het ja.”
Die kelnerin stap nader, sy plaas die groot koppie stomende koffie met ‘n dik laag room voor die ou man neer. “Geniet dit” Sê sy.
“Dankie jong dame” Antwoord die ou man. Hy neem ‘n versigtige sluk van die koffie. Daar is ‘n lagie room wat aan sy snor klou. Hy sit die koppie terug op die piering en sug diep. “Heerlik” sê hy. “Twee en veertig” Glimlag die ou man tergend.
“Hoe nou?” vra die jong man.
“Twee en Veertig” Antwoord die ou man weer.
“Asseblief. Twee en veertig is ‘n banale antwoord op ‘n baie groter vraag. Douglas Adams was dalk een van die beste skrywers in die laat 20ste eeu, maar sy reeks was niks meer as ‘n komiese vertolking van die totale anargie wat die mensdom is nie.” Kap hy katterig terug.
“Dink jy dat jy wys genoeg is om alles te verstaan wat jy vra?” Vra die ou man met deernis in sy stem
“So astrant is ek nie. Ek besef dat daar dinge is wat bo my vermoë is om te verstaan. Maar wat ek nie kan klein kry nie, hoekom gebeur slegte goed met goeie mense en goeie goed met slegte mense? Wat is die doel in die lange duur om iemand vroeg in jou lewe aan die dood moet afstaan? Hoekom moet ‘n kind lei aan genetiese afwykings wat hulle lewe so na as moontlik aan ondraaglik maak?” Die jong man se oë is vol woede, sy trane lê vlak.
“Ek kan sien die lewe het ‘n draai met jou gestap, maar jy moet verstaan en aanvaar dat daar …”
“Verstaan dat daar dinge is wat met jou gebeur om jou ‘n beter mense te maak. BOG!! Dat groei slegs deur pyn en ongemak kan plaasvind? Hmm? Dat die swaar kry, die gespot, die seer kry die enigste manier is om my sterk te maak vir ‘n toekoms wat nie bepaal is nie?” Die woorde slaan soos sweepslae uit sy mond. Twee van die tafels langs hulle raak stil vir ‘n oomblik, die gaste om hulle kyk vir ‘n oomblik na hulle tafel en keer terug na hulle vrolike geselskap.
“Jy het seer gekry, ek kan dit sien. Dit is groot letters en littekens orals op jou geskryf. Ek wil jou wel vra, wat maak jou spesiaal? Om te mag dink dat jy die reg het om die antwoord op alles te mag hê? Die toekoms te kan verstaan, te weet hoekom gister se pyn en vandag se seerkry jou môre sterker sal maak?” Die ou man se stem vaderlik, rustig.
Die jong man staar na die ou man. Sy angs en woede bruisende vlamme in sy oë. “Want as ek weet wat môre gebeur kan ek vandag iets doen om dit te keer”
“Wat as dit wat moet gebeur, moet gebeur op die manier wat dit gebeur en kan dit op geen ander manier gebeur nie?”
“Morpheus1 was nie 100% reg nie en ek glo ook nie in die Kobayashi Maru2 nie”
“Indien dit wat moes gebeur, nie gebeur soos dit moet nie en dan nagevolge het?” Erns in die ou man se stem.
“Met ander woorde, ek knip die roos af wat die vlinder op moes sit en sy vlerke klap. Maar omdat ek die roos af knip beland die vlinder in ‘n spinnerak en klap nie sy vlerke drie keer nie, dus verander die wind nie sy rigting nie. Die orkaan ontstaan nie en die vliegtuig swaai nie uit vir die storm nie en land op tyd sodat die Lugmag offisier by die huis kom en die Russiese spioen met sy vrou in die bed vang en hom dan doodskiet en voor jy jou oë uitvee is die Armageddon want die Russe gooi atoom bomme op Amerika en dan is almal dood? Ek verstaan dat alles in balans moet bly, maar selfs DÍT is bietjie vergesog, selfs vir my.”
“Dis ‘n bietjie oorbodig, ek stem saam. Maar dit is nie heeltemal verkeerd nie. Balans moet daar altyd wees. Lewe, dood, liefde, pyn, reg, verkeerd, goed, kwaad.” Paai die ou man, sy woorde swaar met wysheid.
“Wat is die van vrye keuse dan? As alles dan moet gebeur soos dit moet om die balans te handhaaf?” Snou die jongman hom toe. “Wat is die doel van alles dan? Of is dit net ‘n eksperiment op ‘n universele skaal? Of ‘n donker komedie vir iemand se vermaak?” Sy woorde klink desperaat.
“Vrye keuse is een van die mees ingewikkeldste gawes wat die mensdom ontvang het. Maak geen fout nie, vrye keuse is ‘n waar. Die mensdom het die keuse om te doen en glo net wat hulle wil” Die ou man neem nog ‘n sluk van sy koppie. “Die verskil is dat die mensdom baie maklik aan hulle neuse rond gelei kan word, hulle word beïnvloed om keuse te maak wat hulle dink is hulle eie vrye keuse, maar op die einde van die dag dien die keuse tog maar die groter doel om die balans te handhaaf.”
“Eva en die slang… Nicodemus en dit silwer muntstukke?. Die stemmetjie in die donker wat sê niemand sal weet nie, doen dit net?”
“Nie heeltemal nie, maar daar is wel magte wat ons nie kan sien nie. Dis nie net ‘n mite of bang maak stories wat die dominee van die kansel af vertel nie.” Sê die ou man ernstig
“Maar wat beteken dit alles… Is ons op die einde van die dag net nog stukke op ‘n skaakbord?”
Die ou man glimlag “Nie heeltemal nie, dink groter”
“D and D is net een stap te vêr”
“Is dit regtig? Is elke keuse wat jy maak maar nie net ‘n rol van die dobbelsteen nie? Maar in plaas daarvan dat jy met ‘n karakter op ‘n bord skuif, het jou keuse ‘n impak op ‘n groter skaal as net jou onmiddellike aksie?”
“Nou is ons weer terug waar ons begin het! Ons loop in sirkels. Ek het nog niks wyser geword as wat ek was nie, nog niks maak meer sin as wat dit 10 minute terug gedoen het nie. Ons leef as karakter in ‘n storie boek of ‘n bord spel nie.” Vererg klap die jong man terug.
“Dit is wel die probleem met hierdie tipe filosofeering. Dit neig om soos Ou Poot kringe in die bos te loop. Om en om, sonder om regtig op ‘n vaste antwoord te kom.” Antwoord die ou man ernstig.
Die jong man, kyk ergerlik by die venster uit. Die son het nou oor die dak van die winkel sentrum oorkant die straat geskuif. Die grys sinkdak blink met die flou lig van die winter son. Hy sug diep, kyk terug na die ou man.
“Dit is juis net daar waar die probleem lê. Ons kan debateer en in sirkels stap vir die res van tyd en sal nooit op ‘n knokrete antwoord kom. Al die wyn in die wêreld drink en al die boom rook wat ons kan kry. In ‘n kring sit en Kumbaya sing en nooit meer verstaan as die klein drie dimensionele bestaan wat ons voer. Nooit verstaan waar die stroom ons heen meelseur nie, net dobber en hoop ons sal nie sink nie.”
“Vino Veritas” lag die ou man diep uit sy maag
“Kan ek vir u ‘n glas wyn koop dan kan u my dalk ‘n paar waarhede vertel?” Grom die jong man.
“Ek is jammer, maar ek kan nie my wysheid en geheime so maklik weggee nie” Antwoord die ou man met ‘n sagte glimlag. “Daar is baie meer in hierdie heelal as wat waargeneem word deur die mens. Wiskundig, wetenskaplik met of sonder allerhande middels. Die visioen-togte wat die Shamans van Noord Amerika, die Druids van Europa het ook maar net ‘n klein blik op wat regtig daar buite is en waar die mensdom in sy geheel in die groter prentjie pas. Wat die rol van ‘n enkele lewe ook in perspektief sit… ‘n Enkele korrel sand in die woestyn van die heelal.” Die ou man roer sy koppie en kyk hoe die laaste van die room oplos in die laaste bietjie koffie. “Ek is jammer om vir jou te sê dat daar nooit ‘n maklike teorie tot alles sal wees en ‘n konstante tot die heelal wat alles netjies sal verduidelik nie. Geen wiskunde of wetenskap wat die antwoord tot alles sal hê of vir jou kan verduidelik wat volgende gaan wees nie. Geen filosofie wat sal kan bepaal wat die ritme en reël tot die lewe is, of hoekom die goed nooit die kwaad sal oorwin of daar lig sal wees sonder donker, blydskap sonder hartseer nie.”
“Ek kan dit nie aanvaar as antwoord nie. Dit kan nie net so maklik wees om net te aanvaar nie, dit bring nogsteeds geen antwoord oor die hoekom en waarom nie, geen rede vir die bestaan nie. Nie my eie bestaan of die hele doel van die mensdom en die heelal daar buite nie. U het self gesê daar is meer as net dit wat ons kan sien.” Die jong man kyk vies na die ou man.
“Aanvaarding is nodig maar jy moet kan glo dat alles to wel aan die einde vir die beste sal uit draai. Die aanvaarding kom in wanneer jy kan erken dat die manier wat dinge uitdraai nie noodwendig is soos dit jou pas nie.”
“Geloof, om te te vertou in iets wat ons nie kan bewys bestaan nie. Wat maak jy as die vertroue ontbreek? Dan is geloof dus dan nie moontlik nie.” Erns diep op die jong man se gesig geëts
“Daar is nie ‘n maklike antwoord op dit nie. Ongelukkig maak dit nie saak of dit aanvaarbaar is vir jou of nie. Jy het ‘n keuse om te maak, vertrou dat alles ‘n doel het en daardeur kan jy begin glo in iets groter as net dit wat jy kan sien voel. Jy bestaan omdat jy moet bestaan. Nie sommer net as gevolg van toevallige saameloop van omstandighede nie. Net so is elke mens wat jy sien, daar omdat hulle daar moet wees, van die bestes tot die slegstes. Elke ding wat met elke mense gebeur vir ‘n rede. Swaar soos dit moet. Of die mensdom dit verstaan of nie en of jy dit wil aanvaar of nie, dit is hoe dinge moet wees. Die heelal is nie sommer net ‘n Vrydagmiddag ekperiment wat iemand aanmekaar geslaan het en op die laboratorium se tafel laat staan het nie. Dalk kan jy nie alles weet nie, sodat jy kan wonder oor dinge en leer oor wat om jou aangaan. Meer te leer jouself, om op te kyk van jou pyn en te sien waar jy is en wie jy is as gevolg daarvan. Dalk omdat jy moet kies om die beter mens te word juis omdat jy ‘n les moes leer uit dit wat oor jou pad gekom het. Sonder om in die donker te sit, sou jy nie die lig regtig kon waardeer nie. Cliché soos dit mag wees, kan dit dalk net die waarheid wees wat jy moet raaksien.” Die ou man se stem, ernstig maar sonder verwyt. Hy kyk met erns na die jong man.
“Dit help my nogsteeds niks nie. Ek kan nie die pad sien van hier tot daar nie. Alles wat u gesê het maak sin, maar dit los nie my probleem op nie. Dit bring my nie een enkele tree nader aan ‘n antwoord nie. Ek kan nie net bloot aanvaar nie, ek is nie ‘n yweraar wat net my knie kan buig en net doodeenvoudig net kan oorgee nie. Ek het dalk nog nie agter die gordyn geloer om regtig te sien wat daar is nie, maar ek weet die gordyn is daar. Maak wat ek wil, ek kan nie net glo nie.” Antwoord die jong man, mismoedig.
“Sal dit jou enigsins help as ek vir jou sê dat eendag wanneer hierdie bestaan tot ‘n einde kom dat jy wel sal weet wat agter die gordyn is?” Die ou man se stem is gevul met empatie.
“Gaan dit regtig saak maak? Dan is dit reeds te laat. Buitendien, daar is geen waarborg dat daar iets is na hierdie bestaan nie. Wanner die biologiese prosesse stop, dan hou ek net op bestaan. Geen hiernamaals nie, geen blik agter die gordyn nie. Geen besef dat dit geïndig het nie. Net…. niks…” Die jongman se stem, bedroef. Die magteloosheid staan duidelik op sy gesig geskryf. Sy skouers hang.
“Die Hemel, Valhalla, Sion, Elysium is nie net sommer mites nie, daar steek wel bietjie waarheid agter elkeen van daardie konsepte. Mense wat bietjie meer gesien het as wat hulle moes. Maar daar is definitief iets meer as net die nou. Jy moet net glo. Moet ook nie te diep in die bottel van die filosofie kyk nie. Van die mense het maar self bietjie te diep in die bottel gekyk en een te veel trekke van die pyp gevat.” Die ou man kyk na sy horlosie en neem die laaste sluk van sy cuppachino. “Ek moet ongelukkig gaan, ek het ‘n ander afspraak wat wag.” Hy haal ‘n paar note uit sy baadjie se binne sak en plaas dit op die tafel. Die jong man wil nog stry maar die ou man glimlag en sê “Dit is my manier om dankie te sê vir ‘n goeie geselskap. Jy moet my ongelukkig verskoon, maar ons sal mekaar weer raak loop een of ander tyd.” Die ou man staan op, trek sy baadjie reg en knik vir die jong man.
“Baie dankie vir die geselskap, ek sal na dink oor alles wat ons oor gesels het.”
“Ek glo jy sal.” Glimlag die ou man breed. Hy knik weer en stap na die deur. Die jong man kyk af na die tafel en sien dat die ou man se koppie weg is. Hy kyk vinnig op, draai om na waar die ou man by die deur uit stap. Die ou man verdwyn agter die pilaar by die deur maar maak geen verksyning aan die ander kant vir die pilaar nie. Die jong man staan op en stap na die deur, hy weet daar is nie ‘n ander uitgang nie en die ou man moes by die pilaar vebry stap om die breë trappe na die straat onder te haal. Hy staan en staar na die lëe vierkant voor die koffie winkel. ‘n Enkele kraai sit op die blombak en sy vere reg skud.
“Kan ek help met iets?” vra die kelnerin skielik langs hom.
Die jong man kyk verskrik om. “Ja… ja dankie. Mag ek die rekening kry asseblief?” stotter hy.
“Sekerlik, ek bring dit na jou tafel toe” Glimlag sy en draai om.
Die jong man stap terug na sy tafel, kyk weer mooi en sien geen teken dat die ou man daar was nie, behalwe die paar geld note wat mooi opgevou op die tafel lê. Hy gaan sit. Sy gedagtes skielik stil.
“Hier is die rekening.”
“Dankie” Antwoord die jong man terwyl hy die houtbordjie met ‘n staal knip by die kelnerin neem. Hy bestudeer die rekening en sien net sy eie koffie op die rekening. “Verskoon my, maar daar is iets kort op die rekening.”
“Hoe so?” Die kelnerin se stem verwonderd
“Ja, die ou man wat hier gesit het se cuppachino moet ook hier wees, hy het geld gelos vir sy drankie”
“Daar was niemand hier nie, dis net jou koffie. Het een van die ander kelners jou nie dalk gehelp nie?” Vra sy, nog steeds nie seekr of die jong man die gek met haar skeur nie.
“Nee, ek is seker, hy het by jou bestel.” Die jong man se stem verklap sy eie verwardheid oor wat gebeur het.
“Ek is honderder persent seker die rekening is reg” Die kelnering klink effens vies.
“Ek belowe ek skeur nie die gek met jou nie, maar as jy seker is dan gaan ek nie stry nie.” Die jong man kyk na die rekening en na die geld note op die tafel. Daar is genoeg om te betaal vir sy koffie en ‘n goeie fooitjie vir die kelnerin te los. Hy knyp die note onder die knip vas en gee dit vir haar terug. “Baie dankie” sê die jong man terwyl hy sy joernaal in sy skouersak sit.
Die kelnerin draai om te gaan kleingeld haal en stap na die toonbank toe. Die jong man trek sy baadjie aan en gooi ‘n serp om sy nek en stap uit. Die wonter lug is koud op sy wange Hy stap oor die vierkant voor die koffie winkel, vinnig teen die trap af tot op die sy paadjie. Hy kyk in die straat op en sien die Gautrain bussie nader kom. Hy kyk op na die veerkeeslig om te sien wanneer hy die besige straat sal kan oorsteek. Vir ‘n oomblik verbeel hy die ou man staan oorkant die traat by die bushalte. ‘n Paneelwa ry haastig oor die geel lig net toe dit oor slaan na rooi. Na die paneelwa verby is, is die sypaadjie oorkant leeg behalwe vir twee of drie mense wat ook wag vir die bussie. Die jong man skud sy kop en stap haastig oor die straat voor die voetganger lig rooi word.
Die bussie hou stil. Daar is ‘n paar mense wat afklim. Die jong man wag sy beurt af, klim op, raak sy kaart teen die kaartmasjien by die deur. Daar is heelwat oop sitplekke op die bussie. Hy stap op met die gang terwyl die bussie wegtrek. Hy kies ‘n sitplek in die son. Sy gedagtes dwaal terug na die koffie winkel. Hy wonder oor wat die ou man gesê het. So min as wat hy wil erken was daar tog maar wysheid in die ou man se woorde. Dit is nie ‘n maklike erkenning om te maak nie, maar die ou man het goeie punte gemaak. Sy gedagtes dwaal weer oor die gebeure van sy kinderdae en ook die meer onlangse verlede. “Dit sal seker nooit sin maak nie. Die seer word dalk minder, maar sal dit ooit weggaan eendag?” Wonder hy. Die bussie stop nog ‘n paar keer oppad na die stasie. Elke keer wanneer die bussie stop, kyk die jong man verwagtend op, die hoop dat hy die ou man sal gewaar. Al is die net om homself te oortuig dat die hele gesprek nie een of ander dagdroom was nie.
Die einde.
- “What happened, happened, and could not have happened any other way.” — Morpheus, The Matrix Reloaded. Dit handel oor die vryheid van keuse.
- Kobayashi Maru – ‘n Opleidings scenario wat ‘n geen-wen scenario gebruik om die karakter van kadette te toets. Dit word deur Star Fleet in die Star Trek franchise gebruik.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.