Jongste aktiwiteit:

Die liedjie van die see

Die liedjie van die see

ons dans op die ritme
van die musiek van die see
as branders oor die wit strand vee
ons tiekiedraai tesaam
kaalvoet in die melodie
golfies skuimend in harmonie

jy bring heimwee
uit jou hart se weë
saggies sproei reën
‘n liedjie vol ween
word liedjie vol lag
wat vir ons twee wag

die boodskap wat jy bring
‘n verlange boodskap lied
wat jy nou bruisend aan ons bied
jy rol ou verhale
van so baie lankgeleë
neurie ons saam oor wel en weë

jy bring heimwee
uit jou hart se weë
saggies sproei reën
‘n liedjie vol ween
word liedjie vol lag
wat vir ons twee wag

Hoofkoor:

kom ons gaan nou saam speel
ons kan pret en vreugde deel
vakansie deel waar ons hand
aan hand speel op die strand
waar die branders hoog slaan
vlieërs vlieg moeg en gedaan
branders slaan teen aan ons vas
dans en speel tot ons uitasem was

nou ritmies oor en oor
op die vlerke van die wind
het twee harte mekaar gevind
die ritme van die see
dans ons kaalvoet ek en jy
vrolik rondomtalie en vry

jy bring heimwee
uit jou hart se weë
saggies sproei reën
‘n liedjie vol ween
word liedjie vol lag
wat vir ons twee wag

jy bring heimwee
uit jou hart se weë
saggies sproei reën
‘n liedjie vol ween
word liedjie vol lag
wat vir ons twee wag

©Kopiereg Linda du Plessis 13/11/2017




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed