Jongste aktiwiteit:

My Valentyn

My Valentyn

Sal jy my Valentyn wees
saam die spesiale dag van ons liefde
ek stuur vir jou ‘n bos van mengelmoes blomme
serenade in die reën onder ons kamervenster
as ek vir jou my hartsgedig
sal-jy-my-Valentyn-wees voorlees

Wees my Valentyn
drink saam met my ‘n glasie wyn
wees my Valentyn
op ons liefde en samesyn

Sal jy my Valentyn wees
ek gooi my liefdeskombers voor in die tuin
met ons mandjie vol van ons oorvloed liefdeskos
en jou gunsteling wit melksjokolade net vir jou
musiek strelend saggies gestel
en op die ys sjampanje en wyn

Sal jy my Valentyn wees
jy is my menswees se warmte elke dag
die polsslag en die ritme van elke hartklop
my hartsbegeerte om vir altyd naby jou te wees
jou sagte hande in myne
kan nie meer wag vir ons saamwees dag

Sal jy my Valentyn wees
dit is die klein dingetjies wat nou saak maak
die oggend koffie, oopmaak van jou motordeur
as die warm bad en kaggelvuur in die winter vir jou wag
‘n whatsup liefdeboodskap kry
jou met jou nabyheid wil aanraak

Wees my Valentine
drink met my ‘n glasie wyn
wees my Valentyn
op ons liefde en samesyn

Sal jy my Valentyn wees
ek sou so graag vir ons ‘n lang bootreis reël
of ‘n lugballon oor die Drakensberge vlieg
saam ‘n kookles reël en braaidagklas bywoon
‘n safari die groot vyf soek
die spesiale dag met jou deel

Sal jy my Valentyn wees
ek droom nou elke nag van ons samesyn
hoe ons saam in ons kleurvol liefdesbootjie roei
die sonsondergang en die maan wat op die water skyn
ek in my vals stem vir jou sing
my mooiste enigste Valentyn

Wees my Valentyn
drink met my ‘n glasie wyn
wees my Valentyn
op ons liefde en samesyn

© Kopiereg Linda du Plessis 12/11/2017




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed