
Die mensdom
ek wonder, Heer
hoekom die mensdom
gedurig teen prikkels beur
hulle so onnodig aan nonsens steur
en altyd als uitmekaar wil skeur
ek wonder, Heer
hoekom die mensdom
so sukkel om te leer
te verstaan dat dit nie húl is nie
maar slegs U, in beheer
ek wonder, Heer
hoekom U hul dan nie keer
voordat hul als wat saak maak
opmors
en dit wat U aan ons toevertrou het
finaal tot niet maak
©Driekie Grobler
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.