Jongste aktiwiteit:

Vrouwees

Vele fasette van vrouwees
in haar wese en gees
maak ‘n vrou in elke opsig uniek
deel van ‘n Goddelike skeppingsplan.

Daarom het God haar laaste gemaak
uit elke skeppingsdag iets gehaal
lig in donker, dag in nag
leeu en lamkombinasie,
met liefde so wyd as hemel en aarde.

Uit die man is sy gemaak
tog is sy voortbestaan op aarde
‘n taak aan haar opgedra
soos die geboorte van Christus.

Al die fasette van die skepping
sal jy in haar kan vind –
Sy is immers die finale produk
van God se meestersplan.

Elna Kruger 9/8/2020
Kopiereg




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed