Gekwes
hoog en vry gevlieg
gesweef en luggolwe gery
in sagte weiding
genotvol neergevly
maar toe … onverwags
die harde knal
‘n tongskoot
wat neerfel
bebloed bly lê
met oë stofbesmeer
ondenkbaar die pyn
wat wil besweer
willoos oorgegee
gekwes en mank
gemoed fladderend, onmagtig
om weer rigting te vind
met moeite op te lig
hinkend tot op die naaste tak
om nie prooi te val
vir ander roofdiere wat lê en wag
tyd baar genade
spoel snags in trane
voed bedags met krag
terwyl oorlewing geduldig
hoopvol sit en wag
vir genoeg vertroue
om vlerkte weer te sprei
die heelal te verower
en die koggellag
finaal te bestry …
©Driekie Grobler
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.