DIE MOORD OP REBECCA MORRISON HFSTK 8
HOOFSTUK 8
VOORAANSTAANDE MAKELAAR SE VROU SE LIGGAAM BY VERLATE MYNSKAG GEVIND.
Die liggaam van Rebecca Morrison, vrou van Stephen Morrison, een van die stad se voorste aandele makelaars is gisteroggend by n verlate mynskag gevind.
Haar liggaam is ontdek deur mnr. Jan Viviers, n plaasboer, terwyl hy lynpatrollie gedoen het. Volgens mnr. Viviers het draaiende aasvoëls sy aandag getrek en toe hy gaan ondersoek instel het het hy op die erg verrineweerde lyk van n vrou afgekom.
Hy het dadelik die polisie ontbied en volgens n polisiewoorder is n moord dossier geopen aangesien daar bewystukke is dat sy met n swaar voorwerp oor die kop geslaan is en die nadoodse ondersoek staaf dit.
Mev. Morrison is Vrydag laas lewendig gesien toe sy n skoonheidsalon verlaat het.
Die ondersoekbeampte in die saak, kaptein Kas Dreyer, doen n dringende beroep op enigeen wat moontlik inligting het wat die polisie in hulle ondersoek kan help om na vore te kom om hom te skakel by tel……….
Kaptein Dreyer wou nie verder kommentaar lewer nie maar het bevestig dat verskeie leidrade opgevolg word
Meneer Morrison wou nie kommentaar lewer nie en het net gesê dat die begrafnis Vrydag sal wees sodra hulle twee seuns uit Israel uit aangekom het.
Ingedagte sit Kas Dreyer die koerant neer nadat hy die berig gelees het. Hy beskou die foto van Rebecca wat by die berig geplaas is aandagtig. Middeljarige vrou met swart hare maar duidelik netjies en goed versorg.
Seker n foto wat die pers by Morrison gekry het.
Kas sit die koerant opsy en trek die dossier van die moord nader. Hy moet nou maar wag vir n oproep wat hom n leidraad kan gee want op die oomblik tas hy nog in die duister rond. Al wat hy het is dit dit blykbaar n vrou was. Wie Rebecca Morrison so gehaat het dat sy haar vermoor het is nog totaal duister.
Die koerantberig word deur meer mense raak gesien.
Vandat sy die moord gepleeg het hou Shireen Hatfield die koerante met n arendsoog dop. Hierdie berig is egter die eerste wat van die moord in die pers verskyn en die bewoording van die berig stel Shireen in n mate gerus, dalk het sy, ten spyte van die terugslae, tog daarin geslaag om die volmaakte moord te pleeg. Uit die berig lei sy af dat die polisie nog in die duister rondtas. Sy aanvaar ook dat as Stephen by die polisie gebieg het dat hy n minnares het hulle haar al sou kom ondervra het.
Intussen lui Kas se selfoon kort kort. Ou ervare speurder wat hy is skei hy gou die kaf van die koring en kom hy vinnig agter dat geeneen van die oproepe werklik iets beteken nie. Dit is heelwat later wat hy Louw Bester se oproep kry wat hy dadelik besef iets positiefs is.
Toe sy foon lui en hy antwoord identifiseer Louw Bester homself en deel Kas mee: “Kaptein ek is n helikopter vlieënier en het verlede Vrydag oor daardie verlate mynskag gevlieg. Ek het daar n goudkleurige Datsun Stanza opgemerk wat vir my vreemd gelyk het. Ek het dit op my vlieglog ook aangeteken”.
Kas is dadelik ene ore, hier is n positiewe leidraad en vra hy:”Enigiets verder opgemerk meneer Bester”.
“Nee kaptein, ek het te hoog gevlieg daarvoor en het ek net die Stanza daar sien staan”.
Kas bedank Bester en reël dat hy inkom om n verklaring af te lê want nou het hy n belangrike leidraad wat opgevolg moet word. Kas stap ook dadelik oor na die voertuigtak bevelvoerder, kaptein Hans Koekemoer, se kantoor toe.
Hy is gelukkig om Koekemoer daar te kry en val sommer dadelik met die deur in die huis: “Koeke kyk vir my of daar verlede Vrydag n goudkleurige Datsun Stanza as gesteel gerapporteer is, vra hy nadat hy gegroet het.
Koekemoer is dadelik op sy rekenaar maar na n minuut of wat skud hy sy kop: “Niks nie Kas maar waarom die belangstelling in n gesteelde Stanza”.
“Dit is die kar waarmee Rebbecca Morrison na haar dood toe vervoer is. Die kar is by die mynskag waar haar lyk gevind is deur n helikopter vlieënier opgemerk en volgens die spore wat deur die forensiese mense gevind het is die spore veroorsaak deur n ouerige motor met smal bande”.
Koekemoer sit n paar oomblikke en peins en dan voel dit vir Kas of n by hom gesteek het toe Koekemoer n opmerking maak: “Kas hier loop n grappie rond van n Stanza wat blykbaar Vrydag voor die New Acarde inkkopiesentrum “geleen” is. Die kar is blykbaar deur die dag “geleen” en weer ewe netjies terug gebring. Gaan hoor bietjie daar by die gewone speurders wie werk met die saak want dit is gerapporteer deur n baie onstoke eienaar”.
“Bliksem Koekies Rebecca het Vrydag n skoonheid salon daar besoek. Sy is dus daar geskaak en ontvoer na die mynskag toe waar sy vermoor is. Laat ek gaan uitvind watter dom bliksem werk met hierdie saak”, en met die woorde vlieg Kas uit Koekemoer se kantoor uit.
Dit neem Kas nie lank om uit te vind dat speur konstabel Radebe met die saak werk nie. Radebe is nie in nie en laat Kas n boodskap dat Radebe dadelik by hom moet aanmeld met die dossier oor die Stanza se “verdwyning” en herverskyning.
Radebe meld twee ure later by n uiters ongeduldige en woedende Kas aan met die dossier. Kas gryp die dossier by hom en lees die dossier vinnig deur voor hy Radebe begin kook.
“Wat het jy al aan hierdie saak gedoen Radebe”, is sy eerste vraag aan Radebe.
“Niks nie kaptein. Ek het n paar vrae daar rond gevra maar niemand het iets gesien nie”, antwoord hy.
Kas voel hy kan ontplof: “ Hierdie man se verklaring wys duidelik dat die voertuig misbruik is. Parfuumreuk in die motor, sy logboek wat verskil, brandstofnaald wat gesak het en nog n half warm masjien.
Hoekom het jy dit nie aan die voertuig diefstal tak gerapporteer nie. Dit was diefstal van n voertuig man al is die voertuig terug besorg. Jy het ook dit nie verder rapporteer nie en hierdie is die sleutel bewysstuk in n moordsaak. Jy moes Forensies uitgekry het om die voertuig te ondersoek vir vingerafdrukke en om ander bewysstukke te soek want daar is daardie selfde dag n vrou uit hierdie sentrum ontvoer wat vermoor is”.
Kas skep n oomblik asem en dan tier hy voort: “Het dit nie in jou verstand opgekom dat die voertuig dalk in n ernstige misdaad kon gebruik gewees het nie.
Jy kan maar jou uniform gaan regkry, jy is terug op uniformdienste. Ek neem die saak nou oor en jy kan maar gaan. Ek sal jou bevelvoerder skakel om te reël dat jy terug gaan uniform toe’.
Dit is n swetende Radebe wat Kas se kantoor verlaat terwyl hy die telefoon optel om Paul Coetzee te skakel om te reël dat hy inkom vir ondervraging. Hy is nou doodseker dat die Stanza gebruik is om Rebecca Morrison te ontvoer om haar op n ander plek te gaan vermoor.
Kas kry Paul dadelik op sy selfoon in die hande en verseker Paul hom dat hy binne n uur in sy kantoor sal wees. Hy moet net reël vir sy afwesigheid by sy werk.
4 Kommentare
-
-
Arnold
Baie interessant Neels.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Man nou gaan die poppe begin dans!!! Heerlik gelees Neels ek hoop nie jy wag te lank met die volgende hoofstuk nie!