Die Pot verwyt die Ketel
Die pot verwyt die ketel (dat hy swart is)
maar ek sien wat in jou roetbedekte hart is
ek onthou die dag, die helder sonskyn dag
toe jy jou grysgrou woorde oor my hart,
my hart van bloed en vlees kom stort,
toe jy die vlees in woorde-repe
van my beend’re af kom skeur
wyl die ratel van geraamte beend’re
eggo uit die dieptes van jóú kas.
Die pot verwyt die ketel (dat hy swart is)
maar ek sien wat in jou roetbedekte hart is
die lyne om jou oë was stroef-beskuldigend
terwyl jou lippe lag, die rooi lag van die lewe,
wat die lewe uit my hart gepers het,
en my skanse het getuimel voor jou,
in die skadu van jou hoekvestings bly lê
al het ek geweet
die pot verwyt die ketel (dat hy swart is)
maar ek sien wat in jou roetbedekte hart is
© Anton Bosch 23/01/2018
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Baie goeie gedig, Anton :-)