Jongste aktiwiteit:

Die Pot verwyt die Ketel

Die pot verwyt die ketel (dat hy swart is)
maar ek sien wat in jou roetbedekte hart is

ek onthou die dag, die helder sonskyn dag
toe jy jou grysgrou woorde oor my hart,
my hart van bloed en vlees kom stort,
toe jy die vlees in woorde-repe
van my beend’re af kom skeur
wyl die ratel van geraamte beend’re
eggo uit die dieptes van jóú kas.

Die pot verwyt die ketel (dat hy swart is)
maar ek sien wat in jou roetbedekte hart is

die lyne om jou oë was stroef-beskuldigend
terwyl jou lippe lag, die rooi lag van die lewe,
wat die lewe uit my hart gepers het,
en my skanse het getuimel voor jou,
in die skadu van jou hoekvestings bly lê
al het ek geweet

die pot verwyt die ketel (dat hy swart is)
maar ek sien wat in jou roetbedekte hart is

© Anton Bosch 23/01/2018




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed