Jongste aktiwiteit:

Die Wapenrusting

Om jou lyf gegord,
die waarheid so Heilig
Gekoester in Sy Vader-hand
so veilig

Geregtigheid
bedek jou bors
Sy lewende water
les jou dors

Die evangelie van vrede
aan jou voete
‘n Pa wat voorsien
aan jou elke behoefte

‘n Skild van geloof
wat die wêreld afweer
en sal Hy jou
van die dwaal-padjies keer

Die helm van verlossing
op jou hoof gekroon
Daarom sal die Vader
jou getrouheid beloon

So veg jy,
met die sward van die Gees
Omdat God tot in ewigheid
jou Koning sal wees

© Carla Visser




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed