DIE WEERWRAAK MOORD HFSTK 9
Woensdag oggend besluit kolonel le Grnge om sersant Mofokeng ook op die saak te sit na n vergadering. Sy eerste plig sal wees om Molatsi se broer te gaan optel en in te bring vir ondervraging.
“Arresteer hom vir minagting van die hof sersant. Dit gee ons darem n rukkie kans om hom aan te hou en goed te onderva”, is le Grange se opdrag.
Alwyn is moedeloos: “Dit is n onbegonne taak om te probeer vasstel wie het n spaar “remote” laat maak. Daar word nie rekord gehou van die goed nie en as ons nie n datum en n naasteby tyd kan gee nie is dit net nie moontlik nie. Ek dink dat as die moordenaar n spaar “remote” laat maak het sal hy in elk geval van die ding ontslae raak na die moord, hy gaan dit nie by hom hou nie”.
Le Grange tree tot die gesprek toe: “Ek begin al meer twyfel of hierdie n gewone inbraak was. Hy het die wêreld se tyd gehad om te steel nadat hy Irene vermoor het as roof die doel was. Hierdie is n beplande moord. Kaptein ek begin ook twyfel of enige van die drie verdagtes met die moord te doen het maar ons moet hulle op die verdagtelys hou”.
Kas staan op en begin deur toe beweeg: “Om hier te sit en vergadering hou gaan ons nêrens bring nie. Kom Alwyn ek voel al meer daar is iets wat ons miskyk. Ek wil weer met Hennie Aucamp gaan gesels. Dalk is dit nie die enigste keer wat Irene in die hof gedreig was nie en is daar dalk n ander een wat nou besluit het om weerwraak te neem”.
By die hof gekom is Hennie in die hof besig om n saak te hanteer en los Kas vir hom n nota op sy tafel dat Hennie hom dringend moet skakel.
Kas kom net uit die gebou uit toe sy selfoon lui. Kas antwoord en is dit een van die tegnici in die forensiese laboratorium: “Kaptein die uitslae van die stukke grond wat ingestuur is vir ontleding. Daardie grond kom uit Soweto uit. Ek stuur die verslag deur na jou kantoor toe soos jy versoek het”.
Kas bedank die man en draai na Alwyn toe: “Daar het ons dit Alwyn. Die grondstukkie wat op die oprit gevind is kom uit Soweto uit. Ek is nou doodseker ons het hier met n weerwraak moord te doen. Om hierdie persoon op te spoor gaan moeilik wees. Kan tog noe die hele Soweto deurgaan en almal hulle voete laat oplig om na die patroon van hulle skoensole te kyk of deur te soek vir n “remote nie”.
Toe Kas in die motor klim lui sy selfoon weer. Dit is Henne Aucamp: “Jy soek my Kas”
“Ek soek jou dringend Hennie is jy beskikbaar. Ek is nog hier voor die hofgebou”.
“Ek het n paar minute” antwoord Hennie
Kas druk dood en drafstap na Hennie se kantoor toe. Toe hy in Hennie se kantoor kom staan Hennie hom in sy swart toga en n dossier onder die arm en wag, duidelik haastig om weer hof toe te gaan.
Kas groet skaars: “Hennie die moordenaar van Irene Swart kom uit Soweto uit. Die stukkie grond wat op die oprit was kom uit Soweto uit. Ek het n verklaring van jou nodig om die brawe vent wat Irene Vrydag in die hof gedreig het aan te hou op n aanklag van minagting van die hof en op n klag van aanranding want dit was geestelike aanranding”.
Hennie skud sy kop: “Hel Kas ek gaan nie nou die tyd hê nie, ek moes al weer in die hof gewees het, maar ek sal hom vandag nog vir jou gee”, antwoord Hennie terwyl hy deur toe beweeg .
Kas moet maar tevrede wees en keer terug kantoor toe. By sy aankoms in die kantoor wag sersant Mofokeng hom in: “Ek het hom gekry kaptein en hom toegesluit. Hy sweer hoog en lag dat hy niks met die moord te doene het nie. Hy erken dat hy wel haar in die hof gedreig het maar dit is sover as wat hy bereid is om te erken, van die moord weet hy niks nie”.
“Wat is jou eerlike menig sersant”, vra Kas.
“Kaptein ek glo nie dit is hy nie. Daar is net te vinnig toegeslaan. Hy kon onmoontlik in so n kort tydjie dit gedoen of gereël het”, antwoord Mofokeng.
Kas sit ingedagte die dossier en bestudeer nadat Mofokeng sy kantoor verlaat het maar hy word niks verder wys nie. Hy kyk vir Aalwyn en terwyl hy opstaan sê hy; “Kom Aalwyn dis tyd dat ons met die eienares van die liefdesnessie gaan gesels.dalk kan sy ons n helpende hand gee”.
By “Roses Inn” word hulle gulhartig deur die eienares, Rosie Cronje, ontvang wat hulle dadelik kantoor toe nooi en vir hulle koffie aanbied. Dat sy van die gesels tipe is is duidelik en gesels hulle eers oor allerhande dinge tot hulle koffie bedien word.
Na die eerste slukkie koffie begin Kas met sy ondervraging: “Mevrou ek ondersoek die moord op Irene Swart. Sy was blykbaar die naweek hier saam met n mnr. Verwey. Wat kan jy my van hulle vertel”.
Rosie neem n slukkie koffie en sit die koppie neer: “Kaptein hulle was taamlike gereelde naweek besoekers hier en het altyd in dieselfde kamer gebly as meneer en mevrou Verwey. Ek het geweet dat hulle nie meneer en mevrou is nie maar ek meng my nie met gaste se privaat sake in nie”.
Rosie neem weer n slukkie en gaan aan: “Gewoonlik het hulle Vrydag aande gekom en dan weer Saterdag middag, soms Sondag oggende, weer vertrek. Verlede weg, eers sy en toe mnr. Verwey”.
Rosie neem weer n slukkie en vertel verder: “Ek het toevallig in die gang af gekom toe ek gehoor het daar is n redelike heftige rusie tussen die twee”.
“Kon jy onthou waaroor die rusie gegaan het mevrou”, vra Kas wat die hele tyd sit en aantekeninge maak.
“Hy het haar gevra dat hulle moet skei dat hulle saam kan wees. Vir my het dit geklink of sy nie te vinde was daarvoor nie en het sy hom vertel dat sy nie alles in die lewe gaan opoffer nie en dat as hy nie tevrede is nie dit dan maar die einde van hulle paadjie saam is. Hy het haar toe beskuldig dat sy hom misbruik het en seker gaan aanbeweeg na haar volgende minnaar toe”, antwoord Rosie wat weer haar koppie opneem.
Vir Kas is dit duidelik dat sy nog nie klaar is nie en wag hy geduldig tot sy verder vertel: “Kaptein en toe word die man kwaad. Hy het vir haar geskree dat as hy haar nie kan kry nie sal niemand haar kry nie. Sy is kort daarna hier weg en hy n rukkie later”.
Kas bedank haar en keer saam met Alwyn terug kantoor toe waar hulle deur Hennie Aucamp ingewag word wat sy verklaring gebring het.
Kas gee vir Hennie die dossier om te bestudeer. Toe hy klaar deur die dossier gegaan het skud hy sy kop: “Kas hier is nie regtig iets wat voor n hof sal water hou nie. As jy een van hierdie twee voor die hof bring sal n ervare prokureur jou saak binne minute aan flarde skeur. My eerlike mening is dat nie een van hierdie verdagtes die moord gepleeg het nie. Hier is n onbekende buitestaander betrokke of Herman Swart het blitsvinnig n huurmoordenaar in die hande gekry. Ek betwyfel dit egter want my opinie is eenvoudig dat hierdie moord voor die tyd beplan was en dat die naweek se gebeure nou maar heel toevallig hiermee saamgeval het”.
Hennie swyg n paar oomblikke fronsend en dan los hy bom onder Kas: “Kas dit val my nou by. So vyf jaar terug was Irene ook gedreig in die hof. Ek kon nie meer onthou wie die beskuldigde was nie maar ek sal die dossier moet loop soek en dit is feitlik n onbegonne taak. Ek sal probeer om daardie dossier in die argief op te spoor en jou laat weet as ek hom gekry het.”
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.