DIE WEERWRAAK MOORD HFSTK 10
Die volgende oggend roep Kolonel le Grange hulle vroeg in sy kantoor in dat hulle kan verslag doen oor die vordering met die ondersoek. Nadat hy die dossier betudeer het is sy eerste vraag aan Kas: “Kaptein die pers raak lastig en soek antwoorde. Wat moet ek vir hulle sê, dat daar nie vordering is met die ondersoek nie want dit lyk my julle is besig om vas te val”.
“Nee kolonel ons is nie besig om vas te val nie. Hennie Aucamp het my gistermiddag daaraan herinner dat dit nie die eerste keer was wat Irene Swart in die hof gedreig was nie. Blykbaar was sy so vyf jaar gelede ook n slag in die hof gedreig met die dood na n uitspraak wat sy in n saak gegee het”.
Kolonel le Grange tel n potlood op en sit ingedagte met die potlood en speel voordat hy antwoord: “Ek kan so iets onthou. As ek reg onthou was dit n sindikaat leier wat sy lewenslank tronk toe gestuur het vir mensehandel dwemhandel en die hele duistere spul wat daarmee saamgaan maar dievent behoort nog in die tronk te sit as dit dieselfde man is wat ek aan dink. Gaan gooi daar by kolonel Andries Vermeulen., die bevelvoerder van narkotika n draai. Ek is seker hy sal die geval onthou”.
Dit is n halfuur later wat Kas en Alwyn by kolonel Vermeulen in sy kantoor sit. Nadat Kas sy saak gestel het sit kolonel Vermeulen n paar oomblikke en nadink voordat hy Kas antwoord: “Kaptein ek onthou die saak goed. Ons het sy dobbelplek, prostitusiehuis en dwelm smokkelary in n klopjag in een nag plat geslaan. Sy hele sindikaat is hierdeur vernietig maar hy sit nog veilig in die trunk want sy vonnis was 15 jaar sonder reg tot appèl en ook dat hy nie vir parool in aanmerking mag kom nie”.
Vermeulen swyg n paar oomblikke en gaan dan aan: “Luckyboy Petsani, onthou daardie naam kaptein. Ek sal kyk of ek ons dossier in die hande kan kry en vir jou aanstuur dat jy daarna kan kyk”.
“Kolonel maar as hy nog agter tralies is hoe kon hy die moord gepleeg het”, vra Kas
“Kaptein jy ken hierdie mense sleg. Goed, hy het miskien nie self fisies Irene Swart vermoor nie maar om dit uit die tronk uit te reël is heeltemal moontlik. Hulle is juis die tipe mense wat glo in n oog vir n oog en n tand vir n tand. Ek moet vir jou së dat dit vir ons lyk of van sy sindikaat lede wat met ligter vonnisse daarvan afgekom het nou weer begin bedrywig raak in Soweto. As dit een van hulle is kaptein moet ek eerlik vir jou sê dat dit baie moeilik sal wees om dit te bewys. Al wat ek kan doen om te help is om my luistervinke te vra om hulle ore oop te hou. As dit hierdie sindikaat is kan ek jou vooraf sê dat hulle n hele ruk aan die moord sou beplan het. Ek gaan in elk geval luitenant Joe Tau na jou toe stuur om jou te help hier. Hy ken die hole en hy was een van die ondersoek beamptes wat die nes help oopvlek het destyds”.
Terug in die kantoor sit Alwyn saam met Kas en beraadslaag. Alwyn is die een wat opmerk: “Kaptein ons is terug op die derde “remote”. Ek dink ons moet n slag uitvind wanneer was die twee voertuie laas in vir n diens en van daar af begin werk. Iemand kon omgekoop gewees het om die sleutels vir n rukkie aan iemand te gee dat hy gou n derde “remote kon laat maak”.
Kas tel die telefoon op en skakel vir Herman Swart. Toe Herman sy foon antwoord is hy effens verbaas oor Kas se vraag of hulle voertuie onlangs in was vir diens maar antwoord: “Kas my bakkie was voor verlede week in Woensdag in vir n diens by City Delta en Irene se Jetta net die dag daarna by City Volkswagen, hoekom vra jy so n vraag?”
“Herman ons begin kyk na die moontlikheid dat hierdie n weerwraak moord kan wees deur iemand wat deur Irene vir n lang tyd tronk toe gestuur is. Sy het so vyf jaar terug n sindikaat baas 15 jaar terug tronk toe gestuur en dit kan dalk wees dat hy die moord uit die tronk uit gereël het want van sy sindikaat lede wat met ligter vonnisse daarvan afgekom het is alweer bedrywig. Ek sal jou op hoogte hou”.
“Asseblief Kas want dan sal ek ook weer n slag kan asem haal. Ten spyte van alles wat tussen ons gebeur het het sy dit nie verdien nie”, antwoord Herman
Kas skakel vir Hennie. Hy is gelukkig en kry Hennie in die hande. Toe Hennie antwoord val Kas dadelik met die deur in die huis: “Hennie onthou jy die saak van Lucky boy Petsani, hy is my man. Al sit hy in die tronk is van sy sindikaatlede uit en alweer bedrywig”.
Hennie swyg n paar oomblikke voor hy antwoord: “Bliksem Kas ek gaan dadelik iemand afsonder om daardie dossiere te gaan soek in die argief. Kry sal ons hulle kry al soek ons deur die nag maar moreoggend sal jy hulle op jou tafel kry, dit is n belofte”, antwoord Hennie.
Toe Kas die telefoon neersit is daar n klop aan die deur. Op Kas se “Binne” word die deur oopgestoot en n groot swart man kom die kantoor in. Kas se eerste indruk is dat hy nie met hierdie man wil deurmekaar raak nie maar staan tog op om die man te groet.
“Ek is luitenant Tau kaptein. Kolonel Vermeulen het my opdrag gegee om hier by jou aan te meld om jou te help met die moordsaak op Irene Swart”.
Kas lig Tau volledig in oor waar hulle met die saak staan terwyl Tau deur die dossier blaai. Toe Kas klaar is en Tau die dossier neersit is Tau se reaksie: “Ek sal bietjie vir Lucky boy gaan kuier. Ek glo nie ek sal iets uit hom uitkry nie en dit is jammer dat ons hom nie hier sal kan kry vir “deeglike” ondervraging nie. Daar in die tronk moet n mens maar versigtig wees, maar aan die anderkant, met die regte bewaarder by, kan ons dalk ernstig met hom gesels. Ek sal in elk geval n bietjie die luistervinke ook kontak kaptein, maar as hierdie spul daarby betrokke is sal ons die man wat werklik die moord gepleeg het kry”.
“Luitenant, kolonel Vermeulen het my belowe dat hy die dossiere sal gaan soek en vir my sal stuur en die senior staatsaanklaer het my ook belowe dat hy die hof dossiere more oggend op my tafel sal hê. Ek dink ons moet moreoggend bymekaar kom as al die dossiere hier is dan kan ons op verdere planne van aksie besluit om die moordenaar in die hande te kry en genoeg bewyse teen hom in te samel maar nou moet ons eers halt roep vir die dag. More oggend baie om te doen en ons sal hierdie twee handelaars ook moet besoek en kyk of ons daar iets kan wys word. Die sekuriteitsmaatskappy waarby Herman Swart se huis is het onlangs n geval gehad van n voertuig wat in was vir diens en die sleutels n rukkie “verdwyn” het en n spaar “remote” gemaak is ”, antwoord Kas.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.