Jongste aktiwiteit:

DIE WIEL DRAAI HFSTK 12

HOOFSTUK 12

Maandagoggend, op Hans se een en twintigste verjaarsdag stap die twee meisies stasie toe om te gaan aanmeld. Hans is nie by die huis nie, hy werk die dag passasierstrein Kroonstad toe.
Toe hulle by die personeelkantoor aanmeld is dit n jong personeelklerk wat hulle vra of hy kan help. Dit is nou nadat hy van die skok herstel het van die twee lieflike meisies wat so skielik so vroeg in die oggend voor die toonbank verskyn het. Aantreklike mannetjie en stel hy homself voor as Andries Dippenaar toe hulle hom vertel wie hulle is. Hy neem hulle self goederekantoor toe om hulle aan die hoofklerk in die goederekantoor te gaan voorstel en sweef hy met n draaiende kop en sterre in sy oë terug stasie toe, met hierdie swartkop wil hy nader kennis maak, Andries het maar n swak vir mooi meisies.
Etenstyd sweef hy goederekantoor toe om te gaan verneem of hulle darem al ingeburger is en vat hy sommer n klomp vorms saam wat hulle moet invul. Die hoofklerk, Piet Verryne, frons en vra terwyl hy vir die meisies kyk: “En van wanneer af dra mnr. Dippenaar vorms agter die personeel aan? Gewoonlik ontbied jy hulle mos personeel kantoor toe. Lyk my hier is n slang in die gras en ek vermoed mnr. Dippenaar is besig om sy visier op een van julle in te stel.”
Die opmerking gee n hele gelag en geterg onder die ander meisies in die kantoor af en glimlag tot die stasie meester, Sam van den Bergh wat toevallig daar is, toe hy opmerk: “Oppas vir mnr. Dippenaar dames, hy is n regte wolf. Ek wil julle twee pragtige meisies in elk geval more oggend agt uur in my kantoor sien”.
Sam is ook al naby aftree en is n spesiale klas stasie meester. Hy weet dit nie maar in Elsabe maak hy n ontsettende verlange na haar eie pa los as sy Sam in sy uniform met die twee breë en een smal goue strepe op die eppoulette op die skouers sien. Hy is egter ook n menslike mens en het op hulle aanstellingsbriewe gesien dat hulle uit die weeshuis op New Canada kom. Van sy kant af wil hy seker maak dat die twee meisies tuis en goed versorg is.
Die aand vier hulle Hans se een en twintigste verjaars dag en het Marietjie n bottel sjampanje vir die aand gekoop. Vanaand behoort Hans aan hulle albei saam voel sy, daar gaan nog baie tyd vir die twee verliefdes saam alleen wees maar mens word net een keer een en twintig.
Hans is heel verras toe hy by die huis kom en n keurig gedekte tafel, wat Ronel die middag voorberei het toe sy sommer vir hulle n heerlike aandete ook gemaak het. Hy word inwag deur drie mooi meisies, geklee in vrolike somers rokkies, wat hom inwag en word hy deur elkeen met n hartlike soen verwelkom, Elsabe sn ekstra lank. Ronel begin al tekens van swangerskap toon en is dit of sy n stille rustigheid uitstraal.
Toe hy instap word hy luid onder Jannie se leiding toegesing en daarna geluk gewens. Ronel het n keurige tafel gedek met kerslig en word dit n vrolike ete met baie lag en gesels. Hans en Elsabe is erg in die verleentheid toe Jannie ewe skynheilig opmerk: “Noudat julle permanent hier is kan die liefde blom. Pasop vir te veel blom, kyk wat het met Ronel gebeur van te veel blommende liefde”.
Die aand moet Elsabe maar tevrede wees met n nagsoen voor haar deur voor hulle gaan slaap want Hans wil ook in die bed kom want hulle werk more trein 72 Bloemfontein toe en sal Hans eers weer oormore terug wees.
Die oggend agt uur meld hulle weer by die personeel kantoor aan waar Andries omtrent sy bene breek om hulle te ontvang en deur te neem na die stasiemeester se kantoor toe waar hy reeds op hulle wag.
Sam nooi hulle vriendelik om te sit en dit is toe wat hulle hoor dat hy en Elsabe se pa saam stasievoormanne was en dit is hoekom hy so uit sy pad uit gaan vir hulle. Hy weet van die motorongeluk waarin hulle oorlede is en in sy hart kry hy Elsabe bitter jammer. Hy voel hy is dit aan Elsabe verskuldig om seker te maak dat alles reg is vir sy oud-kollega se dogter. Hy vra uit en nadat hy tevrede is dat hulle goed versorg is sê hy: “Pasop maar vir Andries. Hy probeer maar altyd sy geluk as hier n nuwe meisie begin werk. Hy dink hy is onweerstaanbaar vir meisies”.
Marietjie glimlag, dink nie n oomblik aan haarself nie: ”Hy sal nie ver kom met Elsabe nie. Sy en my broer, wat n stoker is, is baie danig oor mekaar van weeshuidae af”.
Toe hulle loop kan Sam nie anders as om vir Andries te sê nie: “Jou luck is uit met die blondekop ou, sy het n “boyfriend”. Konsentreer maar op die swartkop maar ek dink jy sal jou moses teëkom met haar”.
Andries laat hom nie afsit nie en besluit hy die aand hy gaan die stoute skoene aantrek en by die Struwigs n draai gooi. Marietjie en Elsabe is heel verbaas toe die motor voor die deur stop en staan hulle in die deur vir hom en wag toe hy in die paadjie opgestap kom.
Hy groet ewe vriendelik: “Naand sê ek het maar net bietjie by julle kom koffie drink as ek mag”.
Hulle het nie n keuse nie en moet hom dus innooi. Hulle gaan sit in die sitkamer en begin hulle sommer oor algemene dinge gesels. Hulle vertel hom van hulle en hy vertel hulle van hom. Uit sy vertelling kom hulle agter dat sy pa n speurder in die spoorwegpolisie is. Een van sy take is om veldbrande langs die spoorlyn te ondersoek. Die boere eis maklik van die spoorweë af wanneer hulle n brand gehad het onder die voorwendsel dat n trein die veld aan die brand gesteek het.
Hierdie mededeling laat Marietjie opnuut na die aantreklike donkerkop man kyk en vertel sy hom van die brand wat Boskop vernietig het. Hy belowe om by sy pa uit te vind of hy iets van die brand kan onthou.
Elsabe wil n slag spore maak maar een kyk van Marietjie is genoeg om haar in haar sitplek terug te druk. Daardie kyk het dit duidelik uitgespel dat sy nie vir Marietjie alleen gaan los in Andries se geselskap nie.
So tienuur se kant besluit Andries om te groet en stap hulle saam met hom kar toe. Op sy vraag of hy weer kan kom kuier laat hulle hom verstaan dat hy maar weer kan kom, volgende keer is Hans dalk ook by die huis.
Die volgende aand is Hans terug van Bloemfontein af toe Andries weer kom kuier. Die doel van sy besoek is om vir Marietjie te kom vertel dat sy pa die brand onthou. Hy was egter nooit in n ondersoek betrokke nie omdat die brand nie langs die spoorlyn ontstaan het nie en daar dus nie n eis teen die spoorweë was nie. As hulle wil kan hy die leêr by die S.A.P. aanvra en daarna kyk as hulle dalk meer wil weet want hy onthou dat daar n ondersoek was.
Hulle kuier saam in die sitkamer tot Hans gaan slaap want hy is moeg na die rit en is die twee meisies weer alleen met Andries. Vanaand is Marietjie se kyk nie genoeg om Elsabe in haar stoel neer te trek nie en sê sy nag, sy wil nog by Hans bietjie in sy kamer gaan kuier,
Dit is toe hulle alleen is wat Andries die stoute skoene aantrek en verneem of sy Sondag saam met hom sal voël park toe gaan. Marietjie wil eers nie maar dan dink sy hoekom nie. Sy vind Andries se geselskap heel aangenaam en sy is seker sy sal so n uitstappie geniet.
Die aand skryf sy in haar dagboek: “Liewe dagboek. Ek geniet dit hier in Bethlehem en geniet dit by die werk. Die liefde tussen Hans en Elsabe blom behoorlik en ek is skoon jaloers op hulle. Dagboek die personeelklerk op die stasie het nou vir die tweede aand kom kuier en het my gevra om Sondag saam met hom voëlpark toe te gaan. Ek het gesê ja want hy is n baie aangename man en ek moet erken ek geniet sy geselskap. Wie weet dagboek dalk is hy die een. Ek wil ook nie die res van my lewe n vyfde wiel aan die wa wees met met Hans en Elsabe nie. Ek moet erken dat die liefde tussen hulle maak iets in my wakker”.
Daardie aand raak Marietjie moeilik aan die slaap. Sy hou van Andries maar is hy n man wat hou van n verskeidenheid meisies, volgens die meisies op kantoor, en sy wil nie een van sy trofeë wees wat hy mee kan loop en spog nie. As sy met n man n vriendskap gaan aanknoop sal sy wil hê dit moet ernstig wees.
Ook Andries raak die aand moeilik aan die slaap. Hy is maar lief vir rondspring onder die meisies maar moet hy erken dat hierdie swartkop iets in hom wakker maak wat geen ander meisie nog ooit kon wakker maak nie. Skielik besef hy dat hy tot oor sy ore verlief is op Marietjie maar hoe hy haar verder gaan hanteer weet hy self nie mooi nie. Dit is al vir hom of sy nie in n man belangstel nie.
Die Sondagmiddag kom haal Andries Marietjie vir die beloofde uitstappie voëlpark toe. Hy moet teen wil en dank vir Hans en Elsabe saamneem maar vir hom doen dit geen afbreek aan Marietjie se geselskap nie want in die voël park kies elke paartjie hulle eie koers.
Die voëlpark is langs n spruit wat deur die dorp loop en n pragtige plek met n groot verskeidenheid voëls. Sommige is in hokke en die poue loop los rond met die swane wat lui op die water rondswem. Pragtige groen grasperke en vra Andries die groot vraag toe hy en Marietjie onder n boom sit of hy vir haar kan kom kuier.
Marietjie swyg eers terwyl sy vir die swane sit en kyk: “Andries as jy van plan is om my by jou trofeëlys te voeg is die antwoord nee. As jy as n vriend wil kom kuier is jy welkom maar moet niks meer verwag nie. Ek stel nie in n verhouding belang nie, ek het ander mikpunte in die lewe”.
Andries moet dit maar so aanvaar maar in sy hart neem hy homself voor dat hy haar hart sal verower want die gevoel in hom vir Marietjie is aan die groei.
Die besoek aan die voëlpark het Andries dapper gemaak en nooi hy Marietjie een aand uit om saam met hom te gaan fliek. Alhoewel sy vriendelik met hom is is dit vir hom tog of sy n afstand tussen hulle bewaar. Elke slag wat hy haar hand probeer vashou trek sy haar hand terug. Met die afskeid bedank sy hom vriendelik vir die aand en maak sy dat sy in die huis kom.
Kersfees kom en gaan en bring hulle Kersfees stil by die huis deur. Hans het ou Kersmiddag ingekom met die passasierstrein van Harrismith af en werk eers weer tweede Kersdag die aand 82, die nagpassasiers, Bloemfontein toe.
Elsabe begin in hierdie tyd al meer as die huishoudster na vore tree. Sy is die een wat Kersfees vir hulle n heerlike ete voorberei, die huis skoon maak en Hans se blik pak. Marietjie is die een wat die wasgoed was en stryk en verloop die huishouding seepglad. Hans geniet dit natuurlik want sy huishoudelike pligte bestaan nou basies uit vuur maak in die koolstoof as hy in is. Dit is ook die tyd wat die boer in hom na vore treë en hy begin om die tuin in orde te kry met die meisies se hulp as hulle by die huis is.
Die jaar 1963 loop ten einde met die twee meisies alleen by die huis want Hans is Kroonstad toe en raak die twee van hulle heel vrolik om die nuwe jaar te vier. Met n bottel sjampanje wat Marietjie gekoop het laat hulle die prop twaalf uur klap en breek 1964 aan, n jaar wat meer inhou as wat hulle op daardie stadium kon besef..
Voor hulle die eerste dag in die nuwe jaar in die bed klim trek Marietjie haar dagboek nader.
“Liewe dagboek. 1964 het aangebreek, n nuwe jaar met nuwe moontlikhede. Hier in ons huis is die drie van ons gelukkig saam en die liefde tussen Elsabe en Hans blom. Ek is bly daaroor en ek hoop net hulle kan hulleself in toom hou want die stoom trek soms behoorlik tussen die twee maar ek glo hulle besef dat hulle dinge nog kalm moet vat tussen hulle, ons wil tog nie nou met n swanger Elsabe in ons lewens sit nie.
Andries kom nog soms vir my kuier maar dit is net of hy my koud laat. Ek geniet sy geselskap maar ek kan myself nie in n romantiese verhouding met hom indink nie. Dagboek wat hou 1964 vir ons in? Ek wens ek kon dit weet. Ek wil met Hans praat dat ons n ryding begin aanskaf. Hy alleen het goed met sy fiets oor die weg gekom maar ons is nou drie en Elsabe wil seker ook so af en toe uitgaan. Die groot rede is ek wil dat hy ons eendag uitneem en ons net by Boskop kan verby ry”.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed