Dis nie veel wat ek vra
Dis nie veel wat ek vra
Aan die nuwe eienaars op ons heimatplaas:
Stuur asb vir my ‘n twagraspol en spit dit uit
daarbo op die witgrasbult en maak dan die
sand goed nat vir die warm langpad hierheen.
Ek wil die grassooi reg voor my venster plant
om die blinkwit graspluime weer te sien waai – – –
Sit asb vir my ‘n kameeldoringtakkie geel in
die blom daarby en as daar nog ryp peule is
sit asb een of twee ook by in die pakkie – – –
As daar dalk ‘n reënbuitjie val en die wilde
rabastee skiet op sal dit ook so welkom wees – – –
Dis nie veel wat ek vra en die kosbare pakkie
nie baie groot miskien sal iemand dit oplaai,
en ek sê al byvoorbaat dankie,
baie dankie vir die groot geskenk – – –
Janetta- Helena[Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.