Klipdas – warm
Oor die donker koue water
in die sagte gesuis van sandstorms
oor ‘n goue woestyn
verf die maan silwer strepe
oor die grondpad
na die strand
Waar derduisende skuimende skerwe
water oor die sagte wit skulpstrand stoot
breek ‘n brander
met ‘n oorverdowende gedruis
Al nader kom die vloed
wat sag oor die koud neersak
en die horison
wat onder ‘n hemelhoed wegraak
Hoor hoe die klipdas skree
sy ou, wildwrede roep
van lang-verstarde weӫ
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.