Die Wiel Draai
Die Wiel Draai
Ek is ‘n bakkiespomp,
‘n skepwiel, verlangs familie van
die gewone rubberwiele waarop
motors vorentoe en agtertoe
beweeg, maar ek is ‘n waterwiel
en draai immers net vorentoe en my
bakkies vat water na ‘n hoër vlak
Aldag in die rondte, al in die rondte
is dit skep en gooi , skep en gooi en
my beginpunt bo is ook my eindpunt
en ek het ‘n edele karakter as hulle sê:
Die wiel draai en geregtigheid kom tot sy reg,en
ywerig draai ek sommer die koringmeul se ratte – – –
Seisoene herhaal hulself begin en eindig met somer
Sonsondergang word sonopkoms, nag word dag
en dag word nag, en volmaan krimp tot sekelmaan
en sekelmaan groei weer tot volmaan, herhalend – – –
Alles is weggaan en terugkom, weggaan en terugkom
soos die see se eb en vloed, eb en vloed herhalend
in ‘n ewige kringloop soos die wiel – – –
Janetta – Helena [Babs] ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.