DOBBEL MET LEUENS
Dis winter, dit word koud. koud daarbuite of in jou hart ? Ons almal het iewers in ons lewens die seer van leuens ervaar.
Die gevoel van magteloosheid wat by jou tone inkruip en die ongeloof totale verslaentheid wat jou wees vul.
Dan praat ek nie van vertroue nie, dit lê aan skerwe daar waar jy die nuus gehoor het.
As mens ‘n bord laat val en dit breek is dit nooit weer dieselfde nie al plak jy dit aanmekaar.
Dis hoe vertroue werk. Frommel ‘n stuk papier op en probeer dit weer reguit en kneukel vry kry daarna, dit gaan nie gebeur nie.
Hoe herstel mens na ‘n teleurstelling so groot?
Hoe tel jy die stukke op en las ‘n verhouding weer aanmekaar?
Baie sal sê die liefde oorbrug alles en vergewe en vergeet.
In my mening het ek ‘n vraag.
As mens ‘n fout begaan kan mens dit vergewe, maar as jy dieselfde fout oor en oor doen is dit ‘n keuse.
Jesus het self gesê:”Gaan dan heen en moenie Weer sondige nie”
God gaan ons nie aanhou vergewe vir dieselfde ding as ons nie van ons sonde afstand doen nie.
Mens kan nie God aanbid en die sonde nie.
Ons sal nooit vlekloos wees sonder sonde nie, maar die meeste gewoontevormde keuses wat ons maak is teenstrydig met wat Hy van ons verwag.
Hoe kan ‘n mens roekeloos lewe en redeneer dat Jesus jou sal vergewe ?
In my beskeie mening is dit roekeloos om so te redeneer en jouself te glo .
Dan troos ek my in die were sat die waarheid get kort bene en sal die leuen een of ander tyd in hardloop.
Sulke ontnugterings bring winter in ‘n mens se hart wat die lente steel en die somer se sonskyn verban.
@Loret Zwarts
3 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Marthie Joubert
Lollie, Marthie hier ek het jou vrienskap versoek geantwoord maar nouja nog maar elektronies gestremed weet ek tog nie waar dit geland het nie. Met jou skrywe van 2017 Dobbel met Leuns kan ek my nou 100 present mee vereenselwig. ja vergewe moet jy sodat ook jy vergewe kan word, maar vergeet dit los die krake verseker. liefde groete, Marthie Joubert