Doel van Slaap
in sagte koel katoen
voel my buitelyf tuis
in holtejie heuwel
rus my nek
in my kop woel
die ongeduld oor doel.
oë toe, van toon een
oor bene na nek
sak onbewus die slaap
kop maak sy movies oop
blits belangrike vaal beelde
in ń doellose wese.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.