Dom vrae…of is dit?
Liewe Inkers, of Inkenaars, of Inkiete of watookal, ek het ‘n paar vrae aangaande planeet Ink:
– Hoe laat weet ek ander Inkers dat ek ‘n nuwe publikasie gelaai het?
– Hoe weet ek wanneer ‘n Inkiet wat ek volg, iets geplaas het?
– Is daar dalk ‘n direkte skakel na Fb of Twitter ens.? Mis ek dit net?
Ek sal so bly wees as iemand vir my antwoorde kan gee, want dan sal ek nie meer so dom wees nie.
Ink-groetnis
Kiekies.
3 Kommentare
-
Anze
Kiekies, Ano... aan die bokant van elke bydrae is daar skakels waar jy jou werk kan adverteer na fb, twitter, google, whatsapp en e-pos. Om vriende te maak (ons werk nog aan n beter sisteem) gaan na die lede afdeling en gaan in die profiel van wie jy mee vriende wil wees.. kies volg.. nou sal jy per epos (werk ook nog aan n beter interne stelsel) ontvang as daardie persoon nuwe werk plaas. Die notifikasie van kommentaar ontvang op jou eie werk is nou eerste op ons lys om daar te stel. As jy n nuwe plasing maak word almal wat jou volg (vriende is) in kennis gestel per e-pos.. (ons werk aan n interne manier ook)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Ek wil ook weet of daar 'n manier is om te weet wanneer iemand kommentaar gelewer het sonder om eers my bydrae oop te maak en af te rol?