Jongste aktiwiteit:

Dorings,bossies en gras

dorings, bossies en gras

dorings, bossies en gras
bepaal die draaie van my paaie en my pas
maak my seer
dra my deur
hou my vas

dorings is die donners wat my druk
wat my irriteer en heeltyd aan my pluk
steek my stukkend
laat my snikkend
met ‘n sluk

bossies is die bliksems wat my gryp
en my sonder seremonie skerper slyp
leer my lewe
in my strewe
om te kruip

gras is die meemaak van my mense
wie my ag en my liefhet vêr bo grense
laat my rus
met ‘n kus
eer my wense

dorings, bossies skoon gewas
miskien ‘n vriend, of vyand, dalk ‘n gas
ewigdurend deurmekaar
steek hul messe in mekaar
wyl ek saggies lê en liefhê op my gras..




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed