drie dae
drie dae
I want to write poems on your skin with my lips – anon
sou ek as spioen myself vermom
en soos in eie redding vooruit loop,
met jou hand as leiding vir my stap,
asof ek soos Joshua jou my sangstuk maak
en ek, na die reën, vir drie dae lank
jou vrugbare skoonheid rondom my,
in breë bors se gang verswelg,
wyl my tong sy woord in digvorm uiter
en jou kop teen die buig van my skouer,
in diepe verlusting sy plekkie nestel…
soos Ingrid in water haar rus kon vind
so sal ons eendag in mekaar ontvlug
©Anton Kilian
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
PUIK Anton!