Jongste aktiwiteit:

Droogte

Droogte

Wanneer die nuutgebore oggend arriveer
tint dit verweg vlakte einders en hoë bergpieke
en omvou dit met ‘n rosige kleed want die nag
het sy swart mantel geleidelik opgerol wyl die
daglumier se herout met hanekraai die natuur
oproep tot ‘n hoopvolle aubade wekroep
elkeen se lied en wysie na eie aard en spesie – – –
Vanuit ‘n wolkelose hemelblou kyk Helios af
en merk dis droog, droog, bitter droog en
die aasvoëls is vet en dik gevreet en hou rustig
die voortstrompelende maer dierskelette dop – – –
Die damme raak leeg en riviere vloei skaars en
hy roep tot Thor jy het weer jou reënseisoen verpas
en jou plig gruwelik versuim dis ellende op ellende!
Helios sak rooi van skaamte weg agter die horison
en die natuur se vesper ‘n elegie op die briessie – – –
Nog ‘n waterlose versengend dag,
nog ‘n honger swartaarde dag – – –

Janetta – Helena [Babs]©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Lollie het ‘n nuwe publikasie gemaak