
Ode Vir ‘n Ander Lewe
Ode Vir ‘n Ander Lewe
2016 snel ten einde en
ek wil dit nie weer oorhê nie want ek wil
nie weer by vriende se siekbeddens staan nie
of by die oop graf of verassingsdiens nie
Ek wil nie weer hoor of lees van al die wrede
moorde, stakings, korrupsie, oorloë , hongersnood,
droogtes en lydings van mens en dier nie en
boonop het die RSA ‘n laagtepunt bereik in sport,
Randwaarde,en polities weer tot muishondstatus gedaal
en wit en swart en swart teen swart onderling verdeeld – – –
2017 se vooruitsigte is beklemmend en ek hoop
hulle gaan al die rotneste skoonmaak en uitrook
met vals akademiese grade hulle uitruik soos
met dwelms en dagga en dan afdank want hulle
bevoeter alles wat goed werk en wil weer ‘n ander
soort wiel uitvind om te wys niets het iets geword – – –
Janetta – Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.