
drool
” ..na die drool kom ontnugtering, skok en droogte”
haar aanhangers het letterlik aan haar lippe gehang
behoorlik gefantaseer oor elke verskyning van haar
hul romantiese bewondering van haar vrouwees
die opwinding wat dit opgewek het
dikwels oordadige begeerte
vir haar eiesoortige humor
altyd ten koste van iets
of iemand
nou kom ontnugtering na vore
ontblotende werklikhede ontvou
naakbeelde van menseroof en pedofilié
wat elke nugter denker na asem laat snak
soveel honderde kinderlewens verwoes
hebsug, eerlose geldsug en erosie
van elke morele waarde
onder die son
in skok slaan hul haar nou net gade
staan hul alleen net in trauma versteen
spoel verlatenheid oor hul siele heen
weg is hul idol, ikoniese vrou
weg is haar magiese krag
verslae word oë droog
hoe het heldin geval
tot in satan se dal
Ó Tearlach.
Aktueel tot VSA nuus oor Didi hofsaak.
Drool : beteken om ’n intense en dikwels onredelike of oordadige belangstelling of begeerte vir iemand of iets te hê. Dit kan verband hou met ’n romantiese of romantiese bewondering, of met ’n diepe waardering vir iets wat verwondering of opwinding opwek.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.