Jongste aktiwiteit:

onverwags

 

“Van ‘n donkie moet jy ‘n skop verwag

van Klein Daantjie Donderbos ‘n stofwolk”

 

deur my gedagtegang breek daar wolke

donker wolke, reēnwolke ook digte mis

na gelang van baie dae en jare se gekrap

krap soms waar dit nie jeuk of ontsteek nie

kom daar meteens helder woorde en sinne

het straatdigter onverwags nuwe betekenis

plotseling verander mitologiese man Adonis

in eienaamverbleking na adonis

die aantreklike man

 

skielik is daar lig in ‘n tonnel

daar ver, ..voor, waar tonnel

onverwags in lig ontplof

 

Ó Tearlach.

 

onverwags – Wat nie verwag is nie; skielik en sonder tyd om voor te berei.

Eienaamverbleking is wanneer ‘n mens ‘n meer figuurlike betekenis aan ‘n soortnaam heg wat van ‘n eienaam afgelei is. Die eienaam word dan soos ‘n soortnaam en word ook met ‘n kleinlettertjie geskryf.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed