
takel
deur storms en orkane het sy skip geseil
takelwerk soms in flarde geskeur
maar telkens in veilige hawe
steeds drywend vasgemeer
na baie pik en teer gekap en gesmeer
vaar herstelde seilskip uit op die seë
van grootse windbelaaide wêreld
oor berge deinende golwe
weer teen skemeraand terug te keer
vir goed teen hawehoof vas te meer
sy ou bagasie alles te ontlaai
finale aftakeling te begin
om lewensprobleme te takel is reg
jou storm en drang voluit te leef
uitdagings trompop te storm
so ook aftakelingsproses
om te takel of nie te takel bly jou keuse
om uit te rafel terwyl jy aftakel normaal
Ó Tearlach.
takel : Om aan te gryp; aan te val; bykom; stormloop. Om aan te durf; aanpak.
aftakel: Om af te breek (fisies of sielkundig).Om swakker te word en agteruit te gaan.Om ‘n skip se toue en katrolle af te haal.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.