Jongste aktiwiteit:

durf

 

 

‘n bars kan kyk

klink soms banaal

soos baie verse soms

nie sagte ore sal haal

nie aanhang vind

 

‘n droom wat ruk

wafferse nagmerrie

wat pluk geswind

in woeste wêreld

se moordwind

 

laaistok regop

staan jou rug nog

al boggel jou maag

in onooglike laag

van min traak

 

diep binne

lê persoon verberg

onder lae en lae van werk

deur jare se ervarings

geborg en versterk

 

© Tearlach.

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed