Jongste aktiwiteit:

Bosveld ligtoring

Die bosveld ligtoring

Deur: Ryno du Plessis

Doer in die bos staan hy op sy pos, ’n wagter vir boer en dier.

Uit dorre aarde bring hy water— damme raak vol, die boer se gemoed loop oor.

Op verlate grond, met sy kop omhoog, klik en klap hy, draai sy wiel saam met die wind.

Ander noem hom ’n windpomp, maar hier, op hierdie droë aarde, noem ons hom die bosveld ligtoring.

© Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed