Jongste aktiwiteit:

dwaal

dwaal
soms loop mens se gedagtes
op paaie nog onbegaan
en speel gevoelens die rol
soos die trap van ‘n spoor
dwaal jou drome
deur realiteit se seer
asof jy in slaap
wesenlik naak verkeer
dan val een traan
roerend oor die bol van jou wang
soos ‘n spyker
die wingerd verwond
knaag jou gedagtes
deur die vloei van jou kop
verloor jy stukkies
bestaan die geheel nie meer nie
@Anton Kilian
09/09/2017




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed