
Eggo
eggo
met die skynsel
wat blink in straal verlig,
weerkaats die sag uit jou oog,
oor die heuwels van my landskap,
waar groei en orde roem,
soos die dag sy aand prys
en jou beeld oor my loop,
skadu speels neervly
teen die mooi van elke ronding
oor my verhewende oppervlak
en as ek myself oorgee,
soos ‘n boek myself oopvou,
dat jy my kan lees,
deur my blaai,
skryf jy die teks
van my volgende woord,
soos in ‘n bekentenis,
laat jy erkennings,
uit my mond vloei
©Anton Kilian
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.