Jongste aktiwiteit:

offer

offer

meet me at midnight in the forest of my dreams, we’ll make a fire and count the stars that shimmer above the trees – Christie Ann Martine

as stilte kom
en haar vind,
teen die donker
van haar skadukant
en seer haar sny,
soos die dolk,
van self griewende smart

staan sy alleen
en staar na die val van reën
teen die skerwe van pyn
en die skemer van haar eie wens…
en ek, verstom om gedagtes te lees
of haar traan te deel

hier waar ek staan,
sien ek elke seer
in die vog van haar oog,
ken ek haar traan,
haar gemis aan my klou,
haar droom in skerwe
en laat haar ontbloot,
huilend koud

weet sy tog
dat ek daar sal wees,
enige dag, voor sy val,
sal haar son weer skyn…
sal ons saam sing,
terwyl sy omdraai
en haar blom, as offer,
in my arms lê
©Anton Kilian




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Rika Gerryts het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak