Lente se lied
Wanneer winter in die verte vervaag
en die lente op die horison opdaag
om koue se mag te kom ontbind
en die somer sy prag te laat vind.
Dan wil ek jou vreugde aan my sy hê
sodat ek my liefde in jou kan belê,
tot ewigheid ons as een saambind,
want in jou is waar ek my lente vind.
Die lied waarmee lente jou vereer
is die woorde wat ek snags fluister,
fluister met die gesuis van ‘n wind
wat streel en troetel en liefde bring.
Luister, daar is dit weer! Hoor jy?
14/09/2016 © C. du Plessis
3 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Lente projek
-
Ronel Janse van Vuuren
Pragtig.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Inkmoderator
Keurig versorg met sagte nuanses wat die liefde so maklik in 'n vers teweeg kan bring. :)