
KOM ONS JAAG DIE SON SE STRALE
Kom ons jaag die son se strale
tot by sy doodloop spore agterna
kom ons verdwaal in die dag se lag
en vou ons toe in die beloftes wat môre wag
Kom ons raak weer kind en glo
verhale gelees uit Ouma se boekerak
hoog Hollands
terwyl sy elke woord vertaal.
Kom ons jaag die son se baba voetspore agterna
en gaan kyk waar hy die opstaan wekker bêre
wat ons elke oggend nooi om op te staan
om raak-raak met hom op die grondpad te gaan speel
Kom ons jaag die son se glimlag agterna
ekskuus nie meer nie
ek jaag nie meer die son se strale nie
my bene oud en loop ‘n stryd.
…bring vir my ‘n kelkie sonstrale
opgetel langs die pad as jy die son gaan jaag
en bring vir my beloftes
terwyl ek vir sy oggend glimlag op my voorstoep wag
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Amaspoke
Pragtige boodskap, jy spreek 'n belangrike punt aan. Ons moet meer lag en weer kind wees.