Jongste aktiwiteit:

Ek is

Hy was daar voor die begin
Hy is steeds daar en in beheer
Hy sal altyd daar wees tot in oneindigheid

my duin is so ‘n niksseggende begrip
dit maak geen duik in tyd en ewigheid nie
vandag of môre of ses jaar gelede beteken niks
alles is dan seker net ‘n gejaag na wind…

as die eerste sonstrale oor die berge breek
en dit die see in ‘n kaleidoskoop van kleure verf
dan sweef my nederige siel oor die gekleurde water
en dan ontmoet ek Hom in alles in en om my

jy hoef nie vandag te is nie – jy moet net buig
jy moet net glo en aanbid – jy moet net met oop hart
alles ontvang van hy jou gee – dan word jy deel van Ek is
dan sal jy eendag daar wees naby oneindigheid

sonder Hom is my duin erger as ‘n dorre woestyn
in dorre woestyne groei en leef daar darem reptiele
sonder Hom op my duin sal alles net sonde en lyding wees
daarom glo ek met my hele hart en siel en verstand

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed