Jongste aktiwiteit:

Ek is bang

Ek is Bang

Ek is bang vir ‘n beroerte, alzheimers , seniliteit
bang, bang, bang dat ek my helder verstand eendag
verloor my brein deur ouderdom afgetakel want my
denke en rede omsluit my hele menswees bestaan—
Sonder dit is ek lewend dood en kan verbaal nie
my behoeftes verwoord en het kontak met die
wêreld verloor want geleidelik en toenemend
sien jy maar verstaan en herken niemand,
jy hoor maar dit maak geen sin, en so het ek
baie gesien oud en ook gladnie so oud—
Die arendsblik het verdof en is weg, en die
vrye arendsvlerk denke en rede se vlug geknip,
en die vlugge ratse ribbokbene sukkelend verswak
dit alles maak my bang, bang, bang, en ek
bid my hemelse Vader vir helderheid en
menswaardigheid tot aan die einde—

Janetta – Helena [Babs]©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed