Jongste aktiwiteit:

Ek is ‘n baba

LAAT MY LEWE

Ek is ‘n baba, maak my asseblief tog groot.
Spaar my lewe, wees lief vir my,
Beloon my tog nie met die dood.
Op 8 weke begin my organe reeds te werk.
Nog voor 9 weke kry ek my unieke vingerafdrukke.
Kyk Mamma ek is ‘n wonderwerk –
Beloon my tog nie met ‘n laaste paar doodsnikke.
Op 10 weke is ek sensitief vir aanraking…
Begrawe my asseblef tog nie onder klippe

Op 12 weke kan ek al skop.
Moet my lewe tog nie stop!
Op 13 weke het ek al familie trekke en Mamma…
Jy kan sien wat is my geslag .
Is dit nie iets om oor te lag?

Op 4 maande kan ek bolemakiesie slaan.
Moet asb. Nie nou dat my hart gaan staan!
Op 5 maande kan jy my voel skop.
Mamma groot asseblief moenie sê my tyd is op!
Ek het gegroei veilig onder Mamma se moederhart.
Moet nie nou dat ons lewens uitmekaar uit spat.

Jy is miskien bang en weet nie nou wat om met my aan te vang.
‘n Traan biggel stadig oor jou moedelose wang.
Maar ons twee se Maker, Hy kan ons lei oor hierdie donker lewenswater.
Dit is nie Sy wil dat ek onbemind in die wêreld kom.
Draai jou lewe veilig na Sy wil toe om.
Hy sal die geknakte riet nie breek.
Maar Sy Hand in liefde na jou toe uitsteek…
Hy kyk na die lelies en die mossies.
Hy sal sorg vir klere en ook kossies.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed