Ek het jou liewer
Ontdekkend, soekend, teer
word die grense
van behoefte geskuif
wanneer diep in donker verander
My naakte siel
wil sonder skrome
in alle eenvoud
tot jou gaan
Om aan die vereistes
van jou aarde
te voldoen
die grense
van jou land oorskry
Jou hande
kan voel in die stam
teen my rug
dat liefde
alles kan oorbrug
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Barbara
Dis verskriklik mooi!!!