Jongste aktiwiteit:

Mammie

Hulle het jou kom haal
want so is dit bepaal;
ek’t jou nie geken nie,
net van jou gehoor;

Die oggend is koel
en ek hoop dit bly so,
dat my blommetjies
vir jou langer kan hou.

In my ewige soektog
wonder ek by myself;
“hoe sou lewe wees
met jou aan my sy?”

Ek hoor jou, voel jou,
al is jy nie by my nie;
as ek struikel en val,
dan ween jy vir my.

Wanneer daar geluk
kom en ek kan lag,
dan lag jy bly saam
en hoor ek jou roep.

Met die soetste klank
kom jou stem na my,
op wind se rug ry jy,
om my hare te streel.

Diep binne weet ek
jy hou my altyd dop;
die boodskap is daar,
“mammie is by jou”

27/01/2017 © C. du Plessis




Ek wou nog altyd skryf en het uiteindelik laas jaar 'n bundel uitgebring. Ek bedink nie spesifiek 'n skrywe nie, dit kom spontaan en op ingewing van die oomblik. Ek sal enige kommentaar, sleg of goed, aanvaar met ope arms.

5 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed