
Sotto Voce ( Baie saggies (It)
Sotto Voce (Baie saggies (It)
Jy is hier by my
en jou liggaamshitte is
soos ‘n sterk straleskans
wat my veilig omvou en met
sterk arms van liefde omhels – – –
Jy is die kragveld waaruit ek my
energie vir die dag put en
die wete jy is daar maak my
tred soveel ligter en die wolkelose
hemelasuur kommerloos blouer – – –
Die koel briesie fluister jou naam
saggies vetroulik in my oor
sotto voce,
o so saggies geliefde
net vir my
sotto voce,
net vir my – – –
Janetta – Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.