
Waar was Jy?
Waar Was Jy?
Jy is so onwerklik – – –
Waar was jy al die jare
versteek soos ‘n skugter veldblommetjie
in die koelte van ‘n beskermende rots so
klein en fyn met blosende pienk blaartjies,
‘n reine onverwelkte skoonheid – – –
Waar was jy al die jare?
In ons geteisterde wêreld vol ellende en
onreg staan jy uit soos ‘n spierwit lelie
op die ou modderpoel planeet,
so onwerklik – – –
Waar was jy al die jare?
Janetta – Helena [Babs]©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Dis pragtig, Janetta :-)