Jongste aktiwiteit:

Knus Dinge in my Lewe (2)

Knus Dinge in my lewe (2)

Van die knus dinge in my lewe
het ek so baie verloor en het net
die herinnerings behoue gebly van
die rustige knus maar vol plaaslewe – – –
Die roomskeier was elke dag gebruik
in die koeler waar die room gehou was,
en die groot karring langs die skeier – – –
Daar was altyd heerlike skottels koel
karringmelk en dikmelk onder gaasdoeke
genoeg vir almal en heerlike plaasbotter
in houtvorms gepond en verkoop met my
ma se naam en adres op die botterpapier – – –
Die rustige plaasroetines van die werfvee
soggens veldtoe, en saans terug in die kraal,
die bewerking en natlei van die groot tuin,
die hoenders saans in die hok teen rooikatte
en bedags uit in die hoenderkampie met die
koelteboom en water, al die hoenderneste,
en baie ander pligte met diere se versorging – – –
Saans daardie heerlike knus gevoel van
geborgenheid en voldaanheid by sagte
lig van paraffien en gaslampe in my
vervloë geborge knus plaaslewe – – –

Janetta – Helena [Babs]©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed