
Teenoorgesteldes
Teenoorgesteldes
Van alles is daar teenoorgesteldes
dit trek aan of dit stoot af
‘n volslae paradoks want
sonder die teenstrydighede
is alles eentonig uniformig
asvaal smaakloos sonder keuses,
jou mooi is vir my lelik en andersom
Goed en kwaad suurdeeg deur die hele
skepping vanaf edel tot boos en lelik – – –
Aasvoëls, roofdiere en onkruid teenoor
pragtige siervoëls, sierplante, en
plantetende herbivore en so slinger
die pendulum tussen teenoorgesteldes
van goed en kwaad se edel en boos,
mooi en lelik, ooraak en gevolg,
haat en liefde en van alles is jy jou
keuses se eindproduk – – –
Janetta – Helena [Babs]©
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Baie goed uiteengesit, Janetta . . . En baie waarheid hierin opgesluit