
Blougrys maan
In die skuilings van jou hand
het ek my hart verloor
van ‘n hand wat my
vӗr verby die harsland kry
My droom is jou vlug
jy is my ewewig
maar kom ek daar
verlang ek terug
Jou lag het my laat glimlag
oor die antwoord afgemeet
dat die verlange van die blouste berg
ook van die liefde weet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.