EK WIL
Ek wil
stadig soos stroop
oor die landskap van
jou lyf afloop
en met my
klewerige soetigheid
al jou
weerstand van jou stroop.
Ek wil
aan elke kurwe van jou
lyf vasklou
tot jy
geen deel van jou
van my weerhou.
Ek wil
saam met jou
oor die rand
van ekstase stort
in daardie stromagtige oomblik
waar siel en liggaam
uitskree in die eenword,
Lorraine Smit
2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.