![](https://ink.org.za/wp-content/uploads/2019/03/all-in-the-mind.jpg)
alles in gedagtes
op my duin is daar ‘n wil
agter die golwe se deining
in die wind se woelings-krag
deur sonstrale wat verskroei
in my gedagtes is daar ‘n wil
agter elke droom vlietende krag
woorde wat tuimelend uitstorm
sinne wat plof op papier en set
in my gedrag is daar ‘n wil
om te besluit oor hoe ek is
hoe ek gaan optree en besluit
wat ek voor gaan ja of nee
in die see is daar ‘n wil
wat my gedagtes trek
my siel verrykend kalmeer
daaglikse siele-brood gee
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
wat ek voor gaan ja en nee.....dit bepaal die gevolge. Goed geskryf.