Jongste aktiwiteit:

Die Reënroeper bring hoop

vandag loop die springbokooi kop omlaag
snuiwend na opgedroogde vog en
onder die Kameeldoringboom
herkou die gemsbok moeg
met stofdeurdrenkte speeksel
die verdwaalde omkrulpeule
in hoop vir nuwe krag

daar waar die duine
se rooibruinstof dwarrels draai
sterf die dag van hitteuitputting en
tot die gecko verdwaal op sy spoor

iewers tuur ‘n Godsman na bowe
fletsend soek en speur sy oë
oor die kim se rooi
na ‘n vuisvolwolk
wat in genade sal lek
windlangs sweef
vertroosend die
klanke
van die reënroeper

as die eerste druppels
in die dorheid plof
vlam die mens en dier
se harte vol hoop

© Anzé Bezuidenhout




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed