Ondersoek
Driftig stap ek deur die mynvelde van jou kinderdae,
om nog ‘n week beenaf en sielsiek te begin
Germolene salf smeer aan verskeurde vleis.
Met ‘n glimlag om gesig vageklem
In dorre velde soek ons met blinde oe en waterwyser stok
Om die oorspong van ons pyniging te vind.
Terwyl winde moeg fluister “dis nie jy nie, dis ek”
Maar ek weet altyd dit is Jy.
Is die antwoord dat ons God by die agterdeur gelos het
Om saam met die brandsiek honde pap te eet?
Of is dit ons genetiese gebrokenheid wat ons van mekaar vervreem?
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.