
Ek wou
ek wou
jou kontak
voor jou laaste uur
trots het my weerhou
innerlike draak wat blaas met vuur
ek wou
jou omvergifnis vra
om dit nie alleen meer te dra
hartseer het my weerhou
prentjie nou is al om aan vas te klou
ek wou
my liefde vir jou gee
skoonveld, niks om na terug te keer
teleurstelling het my weerhou
om n laaste keer aan jou vas te klou
nou wat was – weg
ek – alleen
moet die emosies
op kou
sal pa vir altyd onthou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.