ELKEEN HET SY EIE MAAT
Tortelduifie
Pronk vir sy nooi
Koer-koer
My wyfie-lyfie
Visarend roep
roep na sy maat
Vis! vis! My lief
Vangs tot saans laat
KOOR:
Hoor ek toorwoorde
Tokkelende akkoorde
As die wind in die rietbos praat
Elkeen het sy eie maat, sy eie maat
Hadidas hadidas
Skrilskelgeskree
Pik saam-saam
Aan paddapaljas
Sonbesies skril-gil
In die stilstaan van die son
Miskruier rol sy bol
In ñ slow motion-hol
KOOR:
Hoor ek toorwoorde
Tokkelende akkoorde
As die wind in die rietbos praat
Elkeen het sy eie maat, sy eie maat
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.