Jongste aktiwiteit:

Erfgeld

“Jy weet erfgeld is swerf geld?” Ek lag uit my maag uit: “Ja, glo my in hierdie model T Ford gaan ek swerf, ek sal nooit weer die strate van Upington op ‘n donkiekar ry nie.” Pietman was heel verbaas toe ek die donkiekar vir hom as geskenk gee. “Nee, mevrou hoe dan nou?” was sy presiese woorde. “Ek is nou ‘n ryk vrou, ek het nou ‘n paar trappies geklim met my nuwe Ford.”‘n Vrou moet darem mooi geklee wees om in die motor te ry daarom dat ek oorlede ma se trourok uit die kas gehaal het.
Al wat leef het my se werf toe gesak om die spoggerige motor te beskou. Hannie van Dr Roux was eerste om vlek te kom sleep, hy wil ‘n draai ry, ek is nou nommer een op al die enkellopende mansmense se lys.
Twee weke is dit al waaroor die dorp gesels, ai maar toe word my geldjies op en brandstof is duur. Ek probeer aan al wat ‘n verskoning is dink om nie met my motor te ry nie. “Nee, daai Ford is slegs vir spesiale geleenthede,” antwoord ek toe Hannie al hoeveel keer vra.
Ek moet ‘n plan maak, ek gaan al my bewonderaars verloor as ek nie nou my motortjie op ‘n rit neem deur die dorp nie. Al wat ek kon dink om te gebruik is die twee bottel witblits wat in die kas staan, ek gooi die deurskynende alkohol in, en die walms tref my tussen die oë. Opgewonde draai ek die sleutel en die Ford gee een ruk tot téén die waenhuis se muur. Verbaas sit ek en huil soos ‘n baba my prag motortjie het seergekry en my aansien is geskend.
“Mevrou, ek het nou ‘n snaakse aardskudding gevoel hier buite die waenhuis, is mevrou nog met ons?” Pietman kom om gestap tot by die deur en sien my verwees nog in die Ford sit. “Ai mevrou, ek is jammer ek het geweet daai blik ryding is moeilikheid, nou gaan mevrou seker die donkiekar terug soek?” Ek moes vir Pietman my nommerplaat gee om op sy donkiekar te sit en hy het die bande ook gevat net om op sy donkiekar te ry.
© Charnė Harding




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed