Jongste aktiwiteit:

Februarie 2017 projek – Liefde

Februarie maand is die plek vir feesvieringe rondom die liefde. Die liefde wat ons het, die een wat ons begeer en dalk ‘n herinnering oor die een wat weggekom het.

Hierdie maand se projek is ‘n oop kategorie wat beteken daar is nie enige vormreëls en rympatroon voorskrifte vir die digters is nie.

Opdrag aan alle digters en skrywers:

Ons wil egter hê dat die sinnetjie: ‘liefde bely in die mooiste neurie-klank’ in jou werk voorkom. Die enigste reël is dat die sin presies so aangewend word. Uitsluiting van hierdie sin sal jou inskrywing diskwalifiseer.

Ons vertrou dit gaan opwindende skryfwerk tot gevolg hê.

Wys ons hoe jy lief het; skryf in Afrikaans.
Projekbestuurder




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed